SWD-liga: ou staatmakers lig hul koppe

Van die ou staatmakers in die Suidwestelike Distrikte (SWD) se Premierliga is besig om hul koppe te lig, en die kampioen is weer binne trefafstand van die voorloper.

Crusaders van George is steeds ná vyf oorwinnings in ses wedstryde boaan die jongste punteleer wat deur die bond uitgereik is, maar Evergreens van Pacaltsdorp – die verdedigende kampioen en ʼn Goue Bekerdeelnemer – is slegs vyf ligapunte en ʼn wedstryd minder in die tweede plek.

Progress (George) en Barbarians (Mosselbaai) is eweneens terug tussen die topvier. Progress is derde en Barbarians vierde.

In ʼn belowende jaar vir Crusaders, is sy tweede en derde span insgelyks boaan die punteleer in hul afdelings.

Wat die Presidentsliga (Karoo) betref, is Willing Hearts (Prins Albert) se eerste span en Willowmore se tweede span die voorlopers.

Happy Hearts (Mosselbaai) se eerste span en Jaguars (Plettenbergbaai) se tweede voer tans die botoon in die Presidentsliga (Kus).

Tussen die eerste spanne is ʼn taai stryd aan ʼt ontwikkel met Jaguars, George, Thistles (Groot-Brakrivier), Eagle Stars (Sedgefield), Hungry Lions (Klein-Brakrivier), Bitou (Plettenbergbaai) en Young Roses (George), almal vier punte en minder agter die voorloper.

In die Presidentsliga (Langeberg) is Zoar tans in die eerste plek.

Nie minder nie as vier tweede spanne in die streek – Riversdal Blues, Arrows (Slangrivier), Seagulls (Stilbaai) en Heidelberg – het elk 14 punte in die sak. Blues se beter batige puntesaldo plaas hom eerste.

Oor die hele spektrum is slegs vier spanne tot dusver onoorwonne, geeneen in die Premierliga nie: Willing Hearts (Presidentsliga, Karoo), Jaguars II, Eagle Hearts II (albei Presidentsliga, Kus) en Zoar (Presidentsliga, Langeberg).

Opgesomde puntelere –

Premierliga

Eerste spanne

Crusaders 24, Evergreens 19, Progress 18, Barbarians 16, Silver Stars (George) 14, Bridgton (Oudtshoorn) 14, Groot-Brakrivier 12, Blanco 12, Maori’s (George) 8, NMMU (George) 8.

Tweede spanne

Crusaders 23, Progress 18, Groot-Brakrivier 17, Bridgton 15, Silver Stars 15, Evergreens 14, Barbarians 12, Blanco 11, Maori’s 6, NMMU 1.

Derde spanne

Crusaders 20, Barbarians 19, Groot-Brakrivier 18, Blanco 17, Evergreens 15, Progress 12, Bridgton 12, Silver Stars 11, Maori’s 5, NMMU 0.

Presidentsliga (Karoo)

Eerste spanne

Willing Hearts 15, Harlequins (Oudtshoorn) 10, Spring Roses (Oudtshoorn) 10, All Blacks (Oudtshoorn) 9, Beaufort-Wes 9, Willowmore 7, Collegians (Oudtshoorn) 6, Dysselsdorp 6, Uniondale 1.

Tweede spanne

Willowmore 15, Willing Hearts 14, Beaufort-Wes 12, All Blacks 9, Spring Roses 9, Harlequins 6, Collegians 6, Uniondale 2, Dysselsdorp.

Presidentsliga (Kus)

Eerste spanne

Happy Hearts 12, Jaguars 11, George 10, Thistles 9, Eagle Stars 9, Hungry Lions 9, Bitou 8, Young Roses 8, Garden Route (Mosselbaai) 2.

Tweede spanne

Jaguars 17, Eagle Stars 14, Garden Route 11, Hungry Lions 10, Young Roses 9, Bitou 9, George 6, Thistles 2, Happy Hearts 1.

Presidentsliga (Langeberg)

Eerste spanne

Zoar 15, Arrows 13, Albertinia Rangers 12, Heidelberg 11, Ladismith 10, Riversdal Dorp 8, Riversdal Blues 6, Seagulls 4, Black Birds 2.

Tweede spanne

Riversdal Blues 14, Arrows 14, Seagulls 14, Heidelberg 14, Riversdal-Dorp 9, Albertinia Rangers 5, Black Birds 4, Zoar 2, Ladismith 0.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.