SWD-liga: rits maak-of-breek-kragmetings wag

ʼn Hele rits maak-of-breek-kragmetings wag Saterdag in die normaalweg uiters mededingende Premierliga van die Suidwestelike Distrikte.

Boaan die lys is die kampioen Evergreens (Pacaltsdorp), wat tans derde op die punteleer is, en die voorloper Crusaders (George) moet klop om die voortou te kan neem. Hy het darem ʼn wedstryd minder gespeel.

Meer is waarskynlik op die spel vir topspanne van die verlede soos Progress (George), Barbarians (Mosselbaai), die Nelson Mandela- Metropolitaanse Universiteit (NMMU) se George-kampus en Bridgton (Oudtshoorn) wat eenvoudig Saterdag moet wen as hulle dié seisoen met die voorstes wil saampraat.

Progress (sesde) speel op Rosemore teen Blanco (vierde), Barbarians (sewende) in die D’Almeidastadion teen Silver Stars (tweede), die NMMU (agste) op Saasveld teen Maori’s (tiende), en Bridgton (negende) op die Rec teen Groot-Brakrivier (vyfde).

Dusver lyk dit of die wiel ongunstig aan die draai is vir die spanne wat die afgelope jaar of wat die botoon gevoer het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.