SWD-liga: voorstes vorder goed halfeind toe

Die voorste spanne in die Suidwestelike Distrikte (SWD) se Premierliga het Saterdag goed op pad na die halfeindronde gevorder.

Evergreens van Pacaltsdorp, die verdedigende kampioen, moes kwaai swoeg, maar het met 24-20 teen Groot-Brakrivier gewen.

Die voorloper op die punteleer, Progress van George, het met 17-3 teen sy stadsgenoot Silver Stars gewen.

Sowel Bridgton van Oudtshoorn as Barbarians van Mosselbaai het reuseseges behaal.

Die Karoospan het Blanco met 50-17 oorrompel; en die Mosselbaaiers het Maori’s, insgelyks van George, met 49-7 kafgedraf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.