SWD verras teen WP; kwarteind-teenstand bekend

Die SA Rugbyunie (Saru) het die teenstanders vir die kwarteindronde van die Supersportreeks Sondag bekend gemaak, nadat die Suidwestelike Distrikte (SWD) vir oulaas met ʼn moedige vertoning teen die Westelike Provinsie verras het.

Die WP het die wedstryd op Bredasdorp met 46-41 gewen (rustyd 27-17), nadat die tuisspan – wat geen wedstryd in die reeks kon wen nie – onverwagse sterk teenstand teen die enigste onoorwonne span gebied het.

Die Arende het vroeg in die wedstryd drie drieë binne sewe minute ingeryg om ná 16 minute met 19-5 voor te loop. Die besoekers kon hulle in die 34ste minuut eers weer inhaal.

Die WP-heelagter Craig Barry het drie drieë gedruk om met agt die rondomtalie as voorste driedrukker af te sluit.

Oliver Zono (Grens) en Frank Herne (Pumas) het elk sewe keer gaan druk, en Etienne Taljaard (Valke), Tertius Kruger en Boom Prinsloo (Blou Bulle) ses keer.

Shaun Reynolds (Goue Leeus, 119) het die meeste punte aangeteken, gevolg deur Zono (101), Marco Mason (Vrystaat, 79), Brandon Thomson (WP, 63), en Kobus Marais (Pumas, 62).

Die teenstanders in die kwarteindronde lyk so –

♦ WP teen Vrystaat.

♦ Goue Leeus teen Pumas.

♦ Griekwas teen OP.

♦ Sharks teen Blou Bulle.

Saru sal later die velde en afskoptye aankondig.

Sondag se puntemakers –

SWD 41 (17) – Drieë: Teunis Nieuwoudt, Kirsten Heyns, Adri Jacobs, Quaid Langeveldt, Dillin Snel, Lodewyk Uys. Doelskoppe: Leighton Eksteen (4). Strafdoele: Leighton Eksteen.

WP 46 (27) – Drieë: Nyasha Tarusenga, Eduard Zandberg, Craig Barry (3), Marcello Sampson (2), Bjorn Basson. Doelskoppe: Brandon Thomson (2), Errol Jaggers.

Opgesomde punteleer (finaal) –

Noord

Goue Leeus 36, Blou Bulle 29, Pumas 29, Valke 16, Welwitschias 6.

Sentraal

Griekwas 35, Sharks 29, Vrystaat 22, Luiperds 17, Griffons 13.

Suid

WP 39, OP 25, Grens 22, Boland 18, SWD 9.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.