Swys is nie meer Leeus se afrigter

Swys de Bruin (Facbook Swys de Bruin)

Swys de Bruin sal nie weer die Leeus in Curriebeker- óf Superrugby afrig nie. Die Johannesburgse rugbyunie het die nuus bevestig en bygevoeg dat die besluit wedersyds van aard was.

Die talentvolle De Bruin ly aan ’n stresverwante siekte en het hom ook vroeër aan onder meer die Springbokke se Wêreldbeker-veldtog onttrek.

“Swys het ’n reuse-aandeel in ons aanvallende manier van speel gehad en daar is ’n hele paar onvergeetlike drieë op Emirates Airline-park gedruk. Namens die bestuur, spelers en ondersteuners bedank ons hom en wens hom alle voorspoed vir die toekoms toe,” het die Leeus se hoof- uitvoerende beampte en voormalige Springbok, Rudolf Straeuli, gesê.

In die De Bruin-era in Johannesburg het die Leeus die Vodacombeker in 2013 gewen, die Curriebeker in 2015 omhoog gehou en in die eindstryd van die Superrugbyreeks in 2016, 2017 en in 2018 gespeel.

“Dit was ’n ongelooflike sewe jaar by die Leeus-familie. Dankie aan almal wat dit spesiaal en onvergeetlik gemaak het. Die Leeus sal altyd ’n baie spesiale plek in my hart hê en ek sal altyd onthou hoe ons as span gespeel het om drieë te druk en mense deur ons spel te inspireer,” het De Bruin gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Stefaans ·

Gaan jou wel Swys. Die Leeus hoef nie te ver te soek nie. Jimmy Stonehouse sal baie goeie werk by die Leeus doen…..

dennis jones ·

dit was in Wahl Bartman se tyd by destydse Transvaal waar die ‘nuwe’manier van rugby begin is ,vroer jsre was daar n losskrum dan is die bal laat loop vleuels toe ,Bartman hulle het toe begin om net n paar tree te loop en dan die aanvallers in te trek en na so paar van die losskrums is die bal weer laat loop,ek weet nie of hulle dit by n oorsese span gesien het of nie maar hulle was die eerste span hier wat so begin speel het ,nou speel die hele wereld so ,na my mening het dit rugby baie skade gedoen want hardloop rugby het baie verminder

Christo ·

Swys gaan verseker gemis word. Die werk wat jy ingesit het was duidelik te sien in hul spel wat die span gelewer het. Enige iemand is vervangbaar maar dit is jammer en verstaande dat dit weens omstandighede is. As n groot leeu ondersteuner wens ek jou alle voorspoed vorentoe toe en dankie vir jou harde werk .

Pietsnot ·

Dennis, hardloop-rugby het verdwyn toe Naas Botha in 1977 op die toneel verskyn het. Die Bokke het meer driee gedruk met Errol Tobias op losskakel. Naas kon ook net met 68% van al sy stelskoppe slaag.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.