Swys kies 12 Bokke in die Lionsgroep

Warren Whiteley – terug tussen die Lions (Foto: Steval Pumas)

Die Lions se afrigter Swys de Bruin het 12 Springbokke in sy groep van 40 spelers vir vanjaar se Superrugbyreeks ingesluit.

Dit sluit in die Springbokkaptein Warren Whiteley, wat sedert sy liesbesering in Junie nog nie weer in Suid-Afrika gespeel het nie, Ruan Combrinck wat beseer was maar in elk geval op die Allister Coetzee-ashoop was, en die flank Jaco Kriel, wat ook weens twee beserings nie op toetsvlak tot sy reg kon kom nie.

Die Lions was verlede jaar weer Suid-Afrika se voorste span in die reeks en het die tweede  opeenvolgende keer die eindstryd gehaal maar daar verloor.

Die ander Springbokke in die Supergroep is die heelagter Andries Coetzee, vleuel Courtnall Skosan, skrumskakel Ross Cronjé, vaskop Ruan Dreyer, die twee senters Rohan Janse van Rensburg en Lionel Mapoe, losskakel Elton Jantjies, haker Malcolm Marx en die slot Franco Mostert.

Die ervare – en onderskatte – senter Howard Mnisi, wat vroeg verlede jaar beseer is en daarna langs die kantlyn was, is terug in die groep.

Nuwelinge in die Lions se groep is die ervare stut Jacobie Adriaanse, Ashlon Davids, Aphiwe Dyanti, Willie Engelbrecht, Marco Jansen van Vuren, Len Massyn, Christiaan Meyer en die baljagter Marnus Schoeman.

Die Lions se groep –

Jacobie Adriaanse, Cyle Brink, Robbie  Coetzee, Andries Coetzee, Ruan Combrinck, Ross Cronjé, Ashlon Davids, Hacjivah Dayimani, Ruan Dreyer, Aphiwe Dyanti, Willie Engelbrecht, Lourens Erasmus, Andries Ferreira, Corné Fourie, Rhyno Herbst, Rohan Janse van Rensburg, Marco Jansen van Vuren, Elton Jantjies, Johannes Jonker, Jaco Kriel, Robert Kruger, Sylvian Mahuza, Lionel Mapoe, Malcolm Marx, Len Massyn, Christiaan Meyer, Howard Mnisi, Franco Mostert, Marvin Orie, Shaun Reynolds, Marnus Schoeman, Sti Sithole, Courtnall Skosan, Dillon Smith, Kwagga Smith, Dylan Smith, Madosh Tambwe, Jacques van Rooyen, Harold Vorster, Warren Whiteley (kapt.).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Josua Keys ·

Uitstekende nuus en ek is bly meeste van die ou spelers het by die bond gebly, dit gaan beslis nie n maklike jaar wees nie en hulle gaan vir Johan Ackerman beslis mis en sy seun ook maar ek glo Johan sal terug kom SA toe om die bokke tot nuwe hoogtes te vat maar sal eers moet wag dat Ramaposa die President van SA word dan het ons n goeie kans. Ek glo Warren hulle sal soos oudergewoonte die span bymekaar hou want hulle ken mekaar op en af van die veld af en dit maak dit soveel makliker vir n afrigter en sy span……….Go Lions4life!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.