Swys kies nuwes; Rohan begin op bank teen Sharks

Rohan Janse van Rensburg – op die bank na sy onlangse terugkeer uit Engeland. (Foto GB Jordaan)

Die Lions se nuwe Superrugbyafrigter Swys de Bruin het Donderdag ʼn aantal nuwe gesigte in sy 23-tal aangekondig vir Saterdag se wedstryd teen die Sharks op Ellispark.

Die Springboksenter Rohan Janse van Rensburg sal op die bank begin. Hy het pas van die Sale Sharks af teruggekeer waar hy drie maande as leenspeler in die Premierliga indruk gemaak het.

Die jong Aphiwe Dyantyi, 23, kry op linkervleuel opdrafkans terwyl die 20-jarige flank  Hacjivah Dayimani, wat ʼn Nigeriese pa en Xhosa-ma en ook ʼn tikseltjie Joodse bloed in sy are het, ook op die bank sy groot kans kry.

Hy is in Suid-Afrika gebore.

Die baljagter Marnus Schoeman, wat verlede jaar vir die Bulls ʼn enkele Superwedstryd gespeel het, kry nou by die Lions plek op die bank.

Die Springbok Lionel Mapoe is terug van Japan af en begin op buitesenter terwyl Harold Vorster ná sy goeie 2017 die binnesenter is.

Daar is net twee agterspelers op die bank: Janse van Rensburg en Howard Mnisi, wat verlede jaar weens ʼn besering van die veld was.

Kry Ross Cronjé seer Saterdag seer, sal Andries Coetzee seker as skrumskakel waarneem.

Lionsspan – 

Andries Coetzee, Sylvian Mahuza, Lionel Mapoe, Harold Vorster, Aphiwe Dyantyi, Elton Jantjies, Ross Cronjé, Warren Whiteley (kapt.), Cyle Brink, Kwagga Smith, Franco Mostert, Andries Ferreira, Ruan Dreyer, Malcolm Marx, Jacques van Rooyen. Bank: Robbie Coetzee, Dylan Smith, Jacobie  Adriaanse, Marvin Orie, Marnus Schoeman, Hacjivah Dayimani, Howard Mnisi, Rohan Janse van Rensburg

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Rianto ·

Enige iemand wat vir Swys ken weet hy werk al jare om n hoofafrtigter te wees… Ek hoop dit is n goeie jaar vir hom…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.