Swys word hoofafrigter na Ackers se vertrek

Die oue en die nuwe … Johan Ackermann en Swys de Bruin, wat as hoofafrigter by die Leeus en Lions sal oorneem. (Foto Twitter)

Die vrees dat die Lions en Goue Leeus se hulpafrigter Swys de Bruin ook nuwe weivelde oorweeg en saam met Johan Ackermann vir die Leeus Rugby-maatskappy verlore sou wees, is Dinsdag besweer.

Die Leeus het bekend gemaak dat De Bruin as hoofafrigter aangestel is en na afloop van die Superreeks by Ackermann oorneem

Daar is bespiegel dat De Bruin ook sou of wou padgee, en name van ander Superafrigters is genoem wat glo gunstelinge was om by Ackermann oor te neem.

Rudolf Straeuli, hoofbeampte van die Leeus Rugby-maatskappy, het in die mediaverklaring gesê dat die aanstelling kontinuïteit en stabiliteit in die hand sal werk by al die spanne in die onderskeie kompetisies waarby die Lions enm leeus betrokke is.

De Bruin het op sy beurt gesê hy is dankbaar vir die geleentheid wat aan hom gegun word en dat hy na die uitdaging uitsien. “Nou fokus ons egter oop die veldtog in die 2017-Superseisoen.”

♦  Daar was verdere goeie nuus uit die Lionskamp. Die franchise verloor min spelers, en  die onderstaande groep van die gekontrakteerdes en dié wat hulle kontrakte hernieu het, is aangekondig.

Dit sal voortgesette groei en kontinuïteit vir die span verseker.

Gekontrakteerdes –

Warren Whiteley, Kwagga Smith, Andries Coetzee, Andries Ferreira (hernieu), Anthony Volmink, Aphiwe Dyantyi, Corné Fourie, Courtnall Skosan (hernieu), Cyle Brink, Dillon Smit (hernieu), Dylan Smith, Elton Jantjies, Franco Mostert, Harold Vorster, Howard Mnisi, Jaco Kriel, Jaco van der Walt (hernieu), Jacques van Rooyen (hernieu), Johannes Jonker, Justin Ackerman (hernieu), Lionel Mapoe (hernieu), Lourens Erasmus, Malcolm Marx (hernieu), Marvin Orie, Robbie Coetzee, Rohan Janse van Rensburg, Ross Cronjé, Ruan Ackermann, Ruan Combrinck, Ruan Dreyer, Shaun Reynolds, Sti Sithole, Sylvian Mahuza (hernieu).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

CORRIE ·

Baie geluk Swys. Sterkte, ek stem saam met Nico dat jy dit verdien.

Josua Keys ·

Uitstekende nuus, ek hoop net die res van die bestuurspan gaan ook aanbly, en baie geluk met al die spelers wat behoue bly dit wys net die waarde van goeie afrigters, ek dink daar is steeds plek vir n paar nuwe manne in die Leeu kamp, julle kan somer by Etsebet begin hy en Mostert is die nuwe Victor en Bakkies en daarom moet hulle meer saamspeel tyd kry, met Ferreira as inpak speler op die bank sien ek net groot dinge vir die Leeus Serfontein kan ook nader getrek word en Dillion kan saam Cronje op skrumskael inskakel. Julle is nie net ‘n wenspan vir Rugby nie maar ook n wenspan vir Christenskap in sport baie dankie daarvoor dit is nodig in ons Rugby.

Tc ·

Ackers,jy het as oorwinaar uit gekom,na jou slegte behandeling jare gelede by die Bulls!Jy verdien die geleentheid en ek weet jy gaan daar ook n sukses maak!!Bulls kyk seker nou lelik op hul neuse na hul fatale flater en onmenslike behandeling teenoor jou jare gelede!

Chris Noordkus ·

Geluk Swys, in Durban huil hulle met hul kop in die hande nadat jy soveel jare deel van Natal rugby was, maar nou ja die establishment sal mos nooit leer nie, of hoe?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.