Tahiti sorg vir Wêreldbeker-opskudding

Die 91ste gekeurde Tahiti het Vrydag vir ʼn aardskuddende verrassing gesorg in die aanspraakstryd om aan die komende toernooi in Japan om die Wêreldbeker deel te neem.

Hy het die Cook-eilande, 43 plekke beter gekeur in die 48ste plek, met 13-9 getroef om die Oseaniëbeker te wen en ’n trappie nader aan die RWB te vorder.

Die sege beteken onder meer dat Tahiti na die 88ste plek opskuif, en nou bo Swaziland (90ste) op die lys is.

Sy pad Japan toe is egter nog vol duwweltjies.

Hy sal eers in ʼn tuis-en-weg-stryd teen Asië se 2018-kampioen te staan kom, en die wenner sal een van vier spanne in ‘n wêreldwye heruitdun wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.