Tahs klop die Crusaders

Die Waratahs het Saterdag die Crusaders geklop en sodoende die verdedigende kampioen se onoorwonne status in die slag laat bly.

Die Tahs se 20-12 oorwinning oor die Crusaders was hul eerste oor die verdedigende kampioen sedert 2015 en slegs die derde van 17 pogings sedert 2005.

Die Crusaders was in hul afgelope 19 wedstryde onoorwonne. Die Tahs het teen halftyd met 15-7 voorgeloop nadat Jed Holloway en Cameron Clark in die eerste tien minute van die wedstryd oor die doellyn geduik het.

George Bridge het in die 28ste minuut vir die Crusaders punte aangeteken en Brett Cameron het die bal deur die pale gestuur. Die Crusaders se laaste punte is in die doodsnikke van die wedstryd aangeteken toe Will Jordan met ʼn drie beloon is.

Israel Folau het egter met sy drie in die 73ste minuut vir die Tahs die wedstryd deurgehaak.

Puntemakers:

Waratahs 20 (15): Drieë: Jed Holloway, Cameron Clark, Israel Folau. Doelskop: Bernard Foley. Strafskop: Bernard Foley.

Crusaders 12 (7): Drieë: George Bridge, Will Jordan. Doelskop: Brett Cameron.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Frans C ·

Kon weens beurtkrag nie die wedstryd sien nie,maar het by vriende gehoor dat die Crusaders swak gespeel het.Het die onlangse gebeure en aandrang dat die span hul naam moet verander iets met die vertoning te doen.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.