Tahs wen net-net teen Sunwolves

Die Waratahs het Saterdag naelskraap hul eerste oorwinning in die Superrugby-reeks behaal.

Die Tahs moes behoorlik sweet om die Sunwolves met 31-30 in Tokio te klop. Die Sunwolves het eerste punte aangeteken toe Gerhard van den Heever in die 8ste minuut vir die eerste keer oor die doellyn geduik het.

Die Waratahs het egter nie op hulle laat wag nie minute daarna het Kurtley Beale vir die besoekers vyf punte aangeteken.

Israel Folau het binne minute twee drieë vir die Tahs gedruk. Die tuisspan het egter teruggeveg om teen halftyd die wedstryd met 20-17 in hul guns te draai.

Jack Dempsey het na halftyd weer vir die Waratahs hoop gebring toe hy oor die doellyn geduik het, en ʼn strafdrie in die 62ste minuut het die Tahs met 31-23 laat verloop. Die Sunwolves se Luke Thompson is met ʼn geelkaart gestraf en dit het gelyk of die tuisspan se kanse verby was.

Van den Heever het egter in die 70ste minuut vir die tweede keer oor die doellyn geduik om die telling op 31-30 te staan te bring.

Hayden Parker het in die doodsnikke van die wedstryd met ʼn skepskop ʼn oorwinning vir die Sunwolves probeer beklink maar dit was tevergeefs.

Die Sharks het die Sunwolves verlede naweek met 45-10 geklop terwyl die Waratahs met 19-20 teen die Hurricanes vasgeval het.

Puntemakers:

Waratahs 31 (17)

Drieë: Kurtley Beale, Israel Folau (2), Jack Dempsey, strafdrie. Doelskoppe: Bernard Foley (2)

Sunwolves 30 (20)

Drieë: Gerhard van den Heever (2), Tom Rowe. Doelskoppe: Hayden Parker (3). Strafskoppe: Hayden Parker (3)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.