Tambwe en Lions skok die Stormers met drieëfees

Madosh Tambwe, vierkuns teen die Stormers (Foto: GB Jordaan)

Bomskok. Ja, dit is waaraan die Lions Saterdagaand die Stormers op Ellispark laat ly het, en die amperse nuweling Madosh Tambwe se naam sal seker nog lank by hulle spook.

Die Lions het met 52-31 gewen, en die vleuel Tambwe het vier keer gaan druk op ʼn dag waar die Lions ná die onoortuigende spel tot dusver die seisoen weer gelyk het na die span wat die afgelope twee jaar die Superreeks sewe-eindstryd gehaal het.

Tambwe se driekuns was na net 12 minute op die telbord en daarvandaan was dit net afdraande pad vir die Kaapse span wat tot dusver net drie uit agt wedstryde gewen het.

Teen rustyd was die telling 31-10. Die Lions het agt drieë teenoor drie gedruk en die Stormers het ook ʼn strafdrie gekry.

Die Stormers het nou 37 drieë, oftewel meer as vier per wedstryd, afgestaan.

Ja, die Lions was goed, maar terselfdertyd was dit allermins die volmaakte vertoning waarna die telling dit laat lyk. Maar nie ʼn enkele Lions-ondersteuner sal jou daaroor glo nie.

Daar lê nog heelwat inhaalrugby voor voordat die Lions gereed sal wees om die Suid-Afrikaanse franchises met vertroue in die latere uitspeelwedstryde te verteenwoordig.

En die Stormers? Daar is verwag hulle sou swaarkry, waarskynlik verloor. Maar met só ʼn telling?

Dit het allermins na ʼn span gelyk waaruit daar meer as een of twee Springbokke sal of behoort te kom. En ʼn mens sê dit met die besef dat hierdie nie ʼn toets is waar ʼn heel ander soort rugby gespeel sal word nie.

Van dié kant af wil dit ál lyk of daar fout by die Stormers is, waarvan die belangrikste stellig is dat hulle nie in hulself glo nie. Hoe Robbie Fleck dit gaan omkeer, weet nugter.

Puntemakers –

Leeus (31) 52: Drieë: Madosh Tambwe (4), Lionel Mapoe, Kwagga Smith, Franco Mostert, Ruan Combrinck. Doelskoppe: Elton Jantjies (6).

Stormers (10) 31: Drieë: Wilco Louw, Damian Willemse, Paul de Wet, Strafdrie. Doelskoppe: SP Marais (2), Damian Willemse. Strafdoel: Marais.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Lol ·

Jaco Peyper gee Lions vals idee aangesien 20 punte aan hom behoort. Baie subtiel.

rollie ·

Tuiswedstryd vir die Leeus. As die Leeus begin om die Stormers met twintig punte op Nuweland te klop, dan praat ons weer.

Frans C ·

Nie die Lions of die Stormers oortuig werklik nie.Die enigste span wat op die oomblik groot vordering toon is die Sharks.Ander spanne sonder hul beseerde spelers het eenvoudig nie die spelerdiepte om werklik hul stempel in die kompetisie af te druk nie.
Al wat tans met die Cheetahs gebeur is dat hul spelers alhoemeer bllotgestel word aan Europese klubbase en hul beursies.

LHS ·

Al hoekom die Sharks beter speel is omdat hulle veg vir oorlewing. Die Leeus hoef nie die Stormers op Nuweland met meer as 20 punte te klop om hulself te bewys nie, hulle het dit klaar gedoen. Wat wel waar is, is dat die Stormers eerder ontslae moet raak van hulle ego en begin rugby speel.

Frans C ·

Die Sharks het die beste diepte van al die SA-spanne.Op die oomblik is hul voorspelerpak
die een wat die beste vaar van al die SA-spanne.Nie een van die ander spanne speel tans
die gehalte rugby wat nodig is om die eindstryd te haal nie.

rollie ·

As die Leeus nie die Stormers op Nuweland kan klop nie, hoe kan jy die afleiding maak dat hulle kwansuis soveel beter is. Ons moet maar wag tot hulle weg ook gespeel het om ‘n ewewigtige oordeel te kan fel.

SjN ·

Die stormers weet nie wat hul getref het nie, klomp suurknolle

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.