Teleurstellende Blitse kry pak in kwarteindronde

Vier weghol-oorwinnings, een daarvan ʼn groot verrassing, en ʼn teleurstellende vertoning deur die Blitsbokke.

Dít is naastenby die opsomming van die vier kwarteindwedstryde Saterdagoggend waar Suid-Afrika in die eerste met 7-22 teen Engeland vasgeval het. Min besit, baie omkeerbesit wat afgestaan is, swak afronding en swak verdediging het die Blitsbokke se hoop gekelder om ʼn derde agtereenvolgende titel in Dubai te wen.

ʼn Minuut voor die eindtoeter was die telling nog 0-22 voordat Selvyn Davids ʼn troosdrie gedruk het.

Die Blitsbokke speel Saterdag om 13:33 teen Skotland uit om darem ten minste op koers te bly vir die vyfde plek, die beste waarop hulle nog kan hoop.

Klop hulle Skotland, moet hulle die wenner van Fidji en Argentinië klop om vyfde te eindig.

♦ Die VSA het Fidji, wat verlede jaar vyf van die tien toernooie in die Wêreldrugby-sewereeks gewen het en ʼn groot gunsteling was om in Dubai te wen nadat die Blitse uitgeskakel is, ook in die kwareindronde oorrompel. Fidji het darem ʼn stukkie troos met hulle tweede drie reg teen die einde gekry en met 14-24 verloor.

Argentinië is met 38-0 deur Australië verniel en Nieu-Seeland het in die ander kwarteind-wedstryd met 21-7 teen Skotland gewen.

♦ Die twee halfeindstryde is tussen Engeland en Nieu-Seeland (14:17) en Australië en die VSA (14:39).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Frans C ·

Verlede jaar was die spelers wat die 15-man kode gekies het nog beskikbaar.Nadat hul weg is moes Suid Afrika hard werk om die reeks te wen.

Hierdie jaar is hul nie daar nie en hul afwesigheid word terdeë gevoel.

Henk ·

Oppad uit kan Brown en duPreez sommer vir Oosthuisen en Davids saam vat!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.