Terugvegpoging red ʼn middelmatige Bok-vertoning

Bryan Habana soek deurkomkans (Foto GB Jordaan)

Bryan Habana soek deurkomkans (Foto GB Jordaan)

Die Springbokke het hulle openingswedstryd in die Rugbykampioenskap in die laaste tien minute beklink toe hulle Argentinië Saterdag 30-23 in Nelspruit geklop het.

Die terugvegpoging in dié tydperk toe die Springbokke 17 punte met twee doele en ʼn strafdoel aangeteken het, was saam met die eerste kwartier ongetwyfeld die beste rugby wat die Bokke in die ietwat teleurstellende vertoning opgedis het.

In die geheel was dit egter seker ʼn bevredigende begin tot die Rugbykampioenskap, hoofsaaklik omdat die Bokke gewen het. Hulle het nog ʼn trappie boontoe ná die Ierse reeks geneem, maar daar is steeds te veel bedenkinge oor hulle beperkinge.

Die Springbokke was op die dag net-net die beste span, maar afronding, swak oordeel en algemene foute – met hantering en by die afbreekpunte – het die span byna die wedstryd gekos.

Daar was wel hier en daar ʼn oplewing en belofte van oortuigende rugby, maar die aanvanklike goeie werk is grootliks ongedaan gemaak toe die Poemas met meer doelgerigte- en dinkrugby ʼn greep verkry het na hulle die foute van die Bokke begin uitbuit het.

Daar was Saterdag ʼn groter bereidwilligheid in die Bokspan om met die bal te hardloop. Soms het dit goed gelyk, en twee keer is die goeie oordeel en hanteerwerk met drieë deur Ruan Combrinck en Warren Whiteley beloon.

Bok-ondersteuning by die Mbombela-stadion in Nelspruit (Foto GB Jordaan)

Bok-ondersteuning by die Mbombela-stadion in Nelspruit (Foto GB Jordaan)

Daar was ook die juweeldrie van Johan Goosen na Faf de Klerk, wat baie goed was, wyd gebreek en met ʼn perfekte skêrbeweging die heelagter maklik laat deurhardloop het.

Wat egter nodig is, is om met groter oordeel te hardloop. Veral op die nat veld sou ʼn effens meer taktiese benadering seker vrugte afgewerp het met die Argentyne wat dan van ver af sou moes aanval.

Die hanteerfoute en te veel omkeerbesit is goed deur die Poemas uitgebuit en het die Bokke laat bontstaan. Niemand was beter op die verdediging as Oupa Mohoje en Warren Whiteley nie. Die Springbokke het 18 duikslae gemis, en hulle pogings in die besonder het in die tweede helfte die besoekers ʼn aantal kere gefnuik toe dit gelyk het of hulle heeltemal beheer sal oorneem.

Puntemakers –

Suid-Afrika (10) 30: Drieë: Ruan Combrinck, Johan Goosen, Warren Whiteley.  Dopelskoppe: Elton Jantjies 3. Strafdoele: Jantjies 3.

Argentinië: (13) 23: Drieë: Santiago Cordero, Matias Orlando. Doelskoppe: Nicolás Sánchez 2. Strafdoele: Sánchez.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Jan ·

Groot jammer is dat Coetzee NIE gaan leer uit sy span keuse foute nie. Sy arogansie sal seevier soos Meyer.
Ek het geweet hy sou Sy provinsiaal voorkeur gee, maar om ou spelers en storm jaers te kies wat voorspelbaar is verstaan GEEN mens

Jakkalas ·

Niemand is oortuig nie….. Geen mens is meer wys na die wedstryd nie. Daars egter meer vrae en die eerste is of Alister Coetzee en sy assistente rerig die beste persoon(e) is om die Bokke na glorie te lei.

b j smit ·

nee ek dink nie so nie toe hy wp (stormers) af gerig het was hulle net so verbeelding loos soos die bokke nou is

Frans C ·

Rugby gaan hoofsaaklik om balbesit en kombinasies .Solank jy die bal dra, dra jy vyf punte tot tyd en wyl jy besit afstaan deur dit te verloor of weg te skop.

Kombinasies word oor tyd gevorm en twee goeie spelers maak nie noodwendig ‘n goeie kombinasie nie.Dit begin by die voorry. Begin met goeie provinsiale voorrye. Sou dus die Leeusvoorry kie met die WP slotpaar. Tussen losvoorspelers is daar baie goeie provinsiale kombinasies.

Kies ‘n skakelpaar en senterpaar wat op provinsialevlak goed kombineer soos bv Mapoe en Rohan Janse van Rensburg, of de Jongh en de Allende ens. Die Bokke gaan soos dit nou gaan ‘n groot pak slae teen die All Blacks kry want van samespel is daar geen sprake nie.

Jd ·

Net jammer dit is die meeste Lions spelers wat teleur gestel het net Faf en Whiteley het goed gespeel van die Lions.

Fritz ·

Coetzee gaan bekend staan as dir man wat die beste senter paar in jare vernietig het en daar gaan niks in daardie agterlyn aan.

Boela ·

Mense, vergeet van Springbokrugby! Ek kan nie glo dat daar nog diegene is wat in hierdie dae van kwotas, politieke inmenging en stampkar SA rugby nog hul tyd mors om rugby (en SA krieket) te volg nie. Ek sny eerder gras as om 80 minute op die getransformeerde Springbokke te mors.

Stephen ·

Het Francois Louw Saterdag gespeel ? Ek stem vir tannie Ans Botha as springbok afrigter

Cjan ·

Die spring is weg dis net bokke wat oorbly. Albaster moet nog net vir Kohlbi ook span gee. Sy provinsialisme gaan hom nog lelik laat flop. Louw en Allende moet glad nie eers meer in die groep wees nie. NZ loop soos n Ferrari en die bokke soos n outydse 46 ford. Vervang vir Beast ook sommer met Kitshoff. Hy het ook vir die WP gespeel. Die Leeus wat swak vertoon het het nooit die bal gekry nie. Die een keer wat Ruan die bal gekry het het hy gedruk. Allie se oe is toe en kan nie die beste flank huidig in SA raak sien nie. Bokke het nie teen n volsterkte Poemaspan gespeel nie. Faf die beste skrumie tans in SA.

Josua Keys ·

Die Lions spelers sal nooit goed vertoon in Allister se span nie nie hy os sy agterlyn afrigters weet hoe om hardloop rugby af te rig nie, ek het regtig gehoop Allister sal leer by Swys en Ackerman maar nee boender steeds voort met stampkar rugby, Allister kry dit asb in jul kop dat Kriel en Mostert die eerste keuse moet wees in jou span Malcom Marks hoort ook speelkans te kry en Beast moet as sy kontrak by die Sharks opgee en skuif na die Lions toe dat Johan en Swys hom kan leer hoe n stut moet rugby speel.

Lions ·

Kan julle mense dink wat die Kiwi’s of selfs die Wallabies met ons gaan maak. Ek is daardie Saterdar gelukkig besig om my motor se enjin heeltemal oor te doen (ek weet niks van enjins nie). So dit gaan my gelukkig so twee maande voltyds besig hou. Ek hoef dus nie daardie wedstryde te kyk nie. Fantasties!!!!

vlokkie ·

Kan ek jou kom help, ek weet ook niks van motors maar ek weet wat met die bokke gaan gebeur

Lions ·

Jy kan maar. Ek het gedink om ‘n stukkende enjin weer in my nuwe motor te sit sodat ek elke Saterdag aan die kar moet werk. Sodoende leer mens nuwe dinge, nes al ons sportspanne se afrigters altyd sê as ons spanne verloor. Ons is mos al van 1994 af in ‘n leerkurwe. Ek dink as ons so lank leer dan het ins een of ander leergestremdheid. Dan moet spesiale aandag daaraan gegee word. Maar een ding is darem waar. Ons is nou wel nie goed in sekere sportsoorte nie maar ons is goed getransformeer. Dis mos al wat tel. Deesdae moet mens eerder alles van transformasie weet as hoe om ‘n sekere sport af te rig.

LS ·

Vlokkie, kan jy my asb kom oplaai. Ek het shifting spanner en 2 skroewedraaiers by die huis wat ek van oorlede pa geerf. Ek din Lions gaan dit nodig kry.

Piet ·

Ek was seker een van die grootste ondersteuner van die springbokke gewees nou stel ek glad nie belang in hulle nie met regering wat inmeng en huidige afrigter gaan hulle die afgrond in en spelers wat gekies word vir transformasie sal ek voorstel dat hulle maar die regering hulle sin gee en die bok embleem verwyder en dit maar net n protea span maak die springbok het n politieke dood gesterf elke anderskleurige word nou n springbok alhoewel.hulle dit.nie verdien het nie wat n jammerte

Jannie ·

Ou Lions werk maar lekker aan jou stukkende kar….jy verlang na Heyneke se blesbokke.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.