Thailand skok gasheer in Asiatiese reeks

Thailand het Woensdag in die Munisipale Stadion in Chinese Taipei (die eertydse Taiwan) vir ʼn eersterangse opskudding gesorg toe hy die tuisspan in Afdeling 2 van die Asiatiese Kampioenskap verslaan het.

Hy het ʼn taai stryd teen die Taipeiers, wat 14 plekke hoër as hy op Wêreldrugby se ranglys is, met 27-21 gewen.

Die Thailanders het vroeër vir deelname in dié afdeling in aanmerking gekom deur Afdeling 3 en die Mekongbeker te buit toe hy Laos in Vientiane, Laos, met 49-3 afgeransel het.

Hy speel nou Saterdag teen Singapoer in Afdeling 2 se eindstryd.

Singapoer het Indië Woensdag met 49-0 oorrompel om die eerste plek op die punteleer in te neem.

Charlie Lambert het drie drieë vir die wenspan gedruk.

Die vorige afdelingswenner, die Verenigde Arabiese Emirate (VAE), het vanjaar in Afdeling 1 meegeding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.