Tiende speler van Lions na Bokgroep opgeroep

Lionel Mapoe (Foto: GB Jordaan)

Die tiende speler van die Lions is Sondag opgeroep om hom by die Springbokgroep aan te sluit wat Maandag in Plettenbergbaai met voorbereiding vir die drie toetse teen Frankryk begin.

Lionel Mapoe, wat een van vier Lions in die SA A-span was, vervang die Sharkssenter Lukhanyo Am. Die Lionssenter het reeds in 11 toetse gespeel waarvan agt op senter en drie op vleuel was.

Die Springbokgroep is Vrydag met een na 32 spelers vergroot toe die Springbokflank van die Sharks Jean-Luc du Preez as ʼn addisionele losvoorspeler by die groep ingesluit is.

Am het Saterdag sy wangbeen in die wedstryd teen die Stormers gekraak en word die week geopereer.

Geen rede is vir die insluiting van Du Preez in die groep verskaf nie.  Dit is nie bekend of daar enige losvoorspeler-beserings is nie en of daar gevoel word die laat aankoms van Duane Vermeulen dit beïnvloed het nie.

Vermeulen speel Sondag in die Franse Top14-eindstryd en kan eers Maandag by die Springbokke aansluit.

Geen plaasvervangers vir Mapoe en Du Preez in die SA A-span is nog bekend gemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.