Toetse binne `n toets vir Bokke

Springboks-Logo-vector-image.pngDamian de Allende en Jesse Kriel het `n raap-en-skraap-span verlede week ore aangesit. Kan hulle dit weer doen teen een van die beste agterlyne in die wêreld? Dis maar een van die vrae wat Saterdag (12:05) in Brisbane beantwoord sal word.

In die voorry wag die toets op Jannie du Plessis en Beast Mtawarira, wat behou word danksy Heyneke Meyer se beleid van kontinuïteit. Hopelik kry Frans Malherbe en Heinke van der Merwe – hy was een van die ster-stutte in die afgelope Franse kompetisie – ook genoeg kans om hul slag te wys. En dan moet ons hoop dat Handré Pollard ook weer sy verlore vorm vind en dat JP Pietersen weer `n slag sy kant bring.

Verdediging gaan die Bokke se groot toets wees teen `n span wat oor spelers soos Quade Cooper en Tevita Kuridrani beskik. Cooper en Will Genia het `n maand laas gespeel, en Matt Giteau bevind hom terug in die span nadat hy uit 2011 se Wêreldspan weggelaat was en sedertdien in die toetswildernis verkeer het.

Die Wallabies het nie die sterkste pak en voorry nie en baie gaan afhang of die Bokke hier die botoon kan voer en met Schalk Burger, Marcell Coetzee en Francois Louw die stryd in die los kan wen. Vinnige besit is vir die Aussies soos manna uit die hemel. Die stryd tussen Michael Hooper en Louw kan een van die hoogtepunte wees.

Die All Blacks het Argentinië verniel en speel aanstaande naweek teen die Springbokke, wat graag met `n sege onder die belt sal wil opdraf, maar dit sal maar knor gaan op `n veld waar hulle nog net een keer gewen het – in 2013. 

Spanne 

Australië

15 Israel Folau, 14 Adam Ashley-Cooper, 13 Tevita Kuridrani, 12 Matt Giteau, 11 Rob Horne, 10 Quade Cooper, 9 Will Genia, 8 Scott Higginbotham, 7 Michael Hooper, 6 Scott Fardy, 5 Rob Simmons, 4 Will Skelton, 3 Sekope Kepu, 2 Stephen Moore (k), 1 James Slipper. Bank: 16 Tatafu Polota-Nau, 17 Scott Sio, 18 Greg Holmes, 19 James Horwill, 20 David Pocock, 21 Nick Phipps, 22 Matt Toomua, 23 Drew Mitchell 

Suid-Afrika

15 Willie le Roux, 14 JP Pietersen, 13 Jesse Kriel, 12 Damian de Allende, 11 Bryan Habana, 10 Handré Pollard, 9 Ruan Pienaar, 8 Schalk Burger, 7 Marcell Coetzee, 6 Francois Louw, 5 Victor Matfield (k), 4 Eben Etzebeth, 3 Jannie du Plessis, 2 Bismarck du Plessis, 1 Beast Mtawarira, Bank: 16 Adriaan Strauss, 17 Heinke van der Merwe, 18 Frans Malherbe, 19 Lood de Jager, 20 Oupa Mohoje, 21 Cobus Reinach, 22 Pat Lambie, 23 Lwazi Mvovo

Skeidsregter: Nigel Owens (Wallis)

Afskop: 12:05

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.