Topafrigter-benoemde by Pumas aangestel

Brent Janse van Rensburg (Foto: BRU)

Brent Janse van Rensburg (Foto: BRU)

Die Pumas het een van die benoemdes as Suid-Afrika se afrigter van die jaar met ingang 2017 as hoofafrigter  aangestel.

Luidens `n verklaring in Nelspruit deur die hoof- uitvoerende beampte van Mpumalanga-rugby, Pieter Burger, is die gewese hoofafrigter van Boland, Brent Janse van Rensburg, in dié pos aangestel.

Die huidige afrigters, MJ Mentz en Hein Kriek, bly aan as hulpafrigters om die nuwe aanstelling hul waardevolle ervaring en steun te bied.

Boland het vanjaar onder Janse van Rensburg se afrigting merkwaardig uit die as opgestaan, en hy is saam met Johan Ackermann (Lions) en Neil Powell (Blitsbokke) een van die SA Rugbyunie (Saru) se drie benoemings vir die toekenning as afrigter van die jaar.

Die Wynboere was verlede jaar tweede laaste in die sekondêre Curriebekerreeks, die sogenaamde Eerste Liga, maar het vanjaar onder meer danksy Janse van Rensburg se werk, tot die Premierliga van die reeks deurgedring.

Hy het het hom vanjaar by Boland gevoeg nadat hy einde verlede jaar een van die slagoffers van die wanorde in die Oostelike Provinsie was.

Burger sê Janse van Rensburg is `n ervare afrigter van `n hoë gehalte en die Pumas is vol vertroue dat hy met die bystand van die bestaande personeel geweldige waarde tot die span sal toevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Neels ·

Mooi Pumas, kom ons gee die man die ondersteuning wat hy nodig het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.