Trane rol in die Baai, maar nie oor verkiesing

ep-kings-logoDis `n ramp vir Suid-Afrikaanse rugby, maar dink die rugbybase ook so?

Dis ‘n hartseerdag dat die mat onder die Oostelike Provinsie,  ‘n unie wat reeds in 1888 gestig is, gepluk word.

Dis daar waar die eerste toets op 30 Julie 1891 tussen Suid-Afrika en Brittanje op St Georgespark se krieketveld (Crusaders se rugbyveld) gespeel is.

Dis daar waar legendes soos Danie Gerber op Despatch; Bennie en Stanley Osler op Kingswood; Freddie Turner, Roy Dryburgh en Wilf Rosenburg op Grey in Port Elizabeth; Dirk de Vos op Graeme; Garth Wright op Muir; en Nick Mallett op St Andrews op skool was.

Dis dáár waar `n ryke geskiedenis van Suid-Afrikaanse rugby geskryf is.

Nou speel die Oostelike Provinsie Kings nie meer in die Premierliga van die Curriebeker-reeks nie.
Wie sal na wedstryde stroom wanneer die Griffons, die Suidwestelike Distrikte en die Valke teen die OP in die Eerste Liga speel? Watter borg sal die unie wil bystaan of sy naam op die span te truie wil plaas as hy nie die nodige dekking kry nie? Hoe gaan die OP sy spelers betaal en sy skolespelers behou?

Bankkrotskap, op alle vlakke!

Dis `n wonderwerk dat die Lions dit reggekry het om uit `n maalkolk te ontsnap. Die Goue Leeus-rugbyunie het ook op die afgrond gestaan toe die Lions uit die Superreeks gesit is, maar die Leeus kon darem Curriebeker-rugby speel. Johan Ackermann, Swys de Bruin en `n groep lojale en talentvolle spelers het dit reggekry om te bly voortveg, om wenrugby te speel. Maar hoeveel het dit gekos? Niemand weet nie.

Maar wat van die OP? Met sy kwynende ekonomie?

Sanzaar, die beheerligaam van rugby in die Suidelike Halfrond, sal  skaars `n oog knip om die Superkraan in die Oos-Kaap toe te draai.

Sanzaar wil rugby uitbrei en stel uit `n leek se oogpunt nie in die OP se probleme en bankrotskap belang nie. Hoeveel kere was sy uitvoerende hoof, Andy Marinos, die afgelope jaar in die Oos-Kaap om hom van die OP se probleme te vergewis?

Die Amerikaners droom daarvan om Superrugby te speel. Hulle mik juis daarna om span of franchise in die Pro12-reeks in Ierland en Brittanje te laat speel.

Die Ierse rugbybaas, Philip Browne, glo dis `n baie sterk moontlikheid en samesprekings is reeds gevoer.

Nou kan `n span in die Superreeks in hul skoot val.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Jan ·

Om die OP en die leeus te vergelyk is nie regverdig nie, die leeus was nie bankrot nie. Hulle is uitgegooi om die OP in te bring!! Waar is die menere wat dit voorgestel het?? Kruip nou weg !!

Nico K ·

Dit sal jammer wees teenoor die OP, maar dit is nie reg dat ‘n unie wat nie op die veld presteer, voorkeur behandeling mag kry nie. Hulle posisie was in die vroeg negentigs verskans. (Op grond van die grote van hul stadion!!) Toe kom professionele rugby en die OP kon nie kompeteer nie en het heeltemal uitgeval. ‘n Span moet op die veld presteer om in ‘n liga te kan speel. En as dit nie vir Cheeky se politieke bande was nie, sou die OP nooit daar gespeel het nie. (En ek kan net by voeg ek is ‘n oud Oos Kapenaar en het jare vir die OP ondersteun. Maar dan moet hulle dit verdien.)

Werner ·

Hierdie is net my gevoel en ek is gemaklik daarmee as ander met my verskil. Wanneer het sport ‘n “almal moet ‘n trofee kry” gedagte begin word. Die beste moet teen die beste speel dis mos hoekom ons deelneem…So as die OP bv. net op Community Cup vlak kan meeding dan is dit so, werk dan hard en wen dit en dan vat julle mos die volgende tree. Hierdie ding dat almal ‘n reg het om Super Rugby, Currie Cup ens te speel is wat die sport dood maak. Ek weet nie veel van sokker af nie maar as ek kyk na UK en Euro leagues, daai ouens weet hoe om ‘n sport te bevorder, deur leagues te stig waar die beste teen die beste speel op die einde van die dag en dieselfde geld vir hulle rugby leagues. Ek is ‘n Haai ondersteuner maar ek het mos gesien my span is nie op vorm nie en toe wys hulle dit in die quarters. As dit nog Super 12 was het hulle dit nie eers gemaak tot so ver nie want hulle was nie die jaar goed genoeg nie. Bring sport terug en los hierdie almal verdien ‘n beurt denkwyse.

Riaan ·

Stem saam maar ons het mos “die” in die land
wat as daar sukses is in iets wil hulle net hê , wil nie werk daarvoor nie. Kyk nou maar die Lions en kyk maar die inmening wat kom in die toekoms omdat dit goed gaan daar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.