Tugkomitee bevind Barrett onskuldig

Jordie Barrett. (Foto Twitter @ TaranakiRugby)

’n Tugkomitee het bevind dat Jordie Barrett se rooi kaart in die afgelope naweek se Bledisloebeker-kragmeting teen Australië nie geregverdig was nie.

In die helder middagson het Barrett ’n bal suiwer uit die lug gevang, maar hy het sy been opgelig en die onderkant van sy stewel het die Wallabies se Marika Koroibete vol in die gesig getref. Hy is kort daarna deur die Australiese skeidsregter Damon Murphy van die veld gestuur.

Ná ’n deeglike ondersoek het die tugkomitee – bestaande uit Robert Stelzner, De Wet Barry en Jose Luis Rolandi –  bevind dat die speler nie reël 9.11 (wat met roekelose spel te doen het) oortree het nie.

“Hy het heel regmatig in die lug opgespring om die bal te vang en in ’n poging om sy balans te herwin, het sy stewel onopsetlik sy teenstander teen die kop getref,” het Stelzner in die verklaring gesê.

Volgens die komitee was daar geen sprake van opsetlike en roekelose gevaarlike spel nie en die rooikaartbeslissing is teruggetrek.

Kobus Wiese het ook nie met die beslissing saamgestem nie.

“Barrett het die reg om homself te beskerm wanneer hy opgaan vir die bal en sy oë was duidelik op die bal in die lug gerig. Jy kan duidelik sien dat hy nie doelbewus sy teenstander ‘geskop’ het nie,” het die voormalige Springbokslot getwiet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Elinette ·

Nou waar is diegene wat so tekere gegaan het op dié forum en gesê het Barrett is skuldig …. blah …. blah …. blah … Dat hy sy been doelbewus reguit gemaak het en Koroibete doelbewus in die gesig getrap het, NOU?

Jack Russ1 ·

Rugby reels raak net al hoe meer ingewikkeld, ek kry die skeidsregters jammer. Hulle moet nou die gewone reels leer en dan moet hulle ook weet watter reels moet aangepas word vir NZ. Geen wonder hulle sukkel so op die veld nie

Malan ·

… en sy stewel heel regmatig in ‘n ou se gesig laat beland. Dis seker ‘n grap. Verander dan die reels, maar volgens die reels is hy skuldig. Die reel behoort te wees dat niemand ‘n bal mag speel as sy voete nie op die grond is nie.(behalwe in ‘n lynstaan) Straf dus die ou wat spring vir die bal en nie die een wat aan hom raak nie. Dit is maar net een van die baie dom reels in rugby. Hierdie het nog absoluut niks positiefs tot rugby bygedra nie.

SjN ·

As die reel verander word gaan dit n sitkamer spel word en daar nog meer geskop word, die Doel is om mee te ding om die balbesit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.