Tuisveld het Sondag g’n sê vir dié 4 in uitslag

Vir die vier spanne wat Sondag sake in die halfeindronde van Supersport se provinsiale reeks uitspook, is daar dié keer nie iets soos tuisveldvoordeel nie.

Wanneer die Westelike Provinsie, die Blou Bulle, die Goue Leeus-vyftiental en die Griekwas in die Sisa Dukashe-stadion op Mdantsane op die veld draf, is hul tuisvelde en -skares baie-baie ver daarvandaan.

In die 12:45-kragmeting kom die Leeus teen Griekwas te staan in wat ʼn baie gelykop botsing beloof te wees, met die Leeus die gunsteling om te wen.

Die reeks se voorste puntemaker, Shaun Reynolds, is ʼn belangrike pyl in die Leeus se koker, en die wedstryd is eweneens van belang met die oog op die Springbok-senter Rohan Janse van Rensburg se terugkeer ná ʼn knie-operasie.

Dit ly min twyfel dat die spanne wat hul tuisskares die meeste sal mis die WP en die Blou Bulle is, wat 15:00 in ʼn verwaterde opsig Suid-Afrikaanse rugby se mees verbete tweestryd sal voortsit.

Die Kaapse span is nog nie vanjaar geklop nie, en moet noodwendig as die gunsteling beskou word.

Tradisioneel is daardie streeptrui egter soos ʼn rooi doek vir ʼn rasegte Bul, en wil ʼn mens glo die Bloues sal nie sommer bes gee nie.

Die klubs Old Selbornians van Oos-Londen en Swallows van Mdantsane meet in ʼn vroeë voorwedstryd (10:30) kragte in Grens se Superliga.

Die spanne –

Goue Leeus

15. Jaco van der Walt, 14. Madosh Tambwe, 13. Jan-Louis la Grange, 12. Jarryd Sage, 11. Anthony Volmink, 10. Shaun Reynolds, 9. Dillon Smit, 8. Jano Venter (kaptein), 7. Fabian Booysen, 6. James Venter, 5. Marvin Orie, 4. Bobby de Wee, 3. Justin Ackerman, 2. Robbie Coetzee, 1. Sti Sithole. Bank: 16. Pieter Jansen, 17. Pieter Scholtz, 18. Rhyno Herbst, 19. Hacjivah Dayimani, 20. Marco Jansen van Vuren, 21. Rohan Janse van Rensburg, 22. Ashlon Davids.

Griekwas

15. Eric Zana, 14.Ederies Arendse, 13. Kyle Steyn, 12. Tertius Kruger, 11. AJ Coertzen (kaptein), 10. George Whitehead, 9. Christiaan Meyer, 8. Jason Fraser, 7. Sias Koen, 6. Wendal Wehr, 5. Pieter Janse van Vuuren, 4. FP Pelser, 3. Ewald van der Westhuizen, 2. AJ le Roux, 1. Liam Hendricks. Bank: 16. Marius Fourie, 17. Nicolaas Oosthuizen, 18. Jonathan Adendorf, 19. Jonathan Janse van Rensburg, 20. Renier Botha, 21. André Swarts, 22. Enver Brandt.

WP

15. Craig Barry, 14. Khanyo Ngcukana, 13. Michal Hazner, 12. Ruhan Nel, 11. Marcello Sampson, 10. Kurt Coleman, 9. Godlen Masimla, 8. Jaco Coetzee, 7. Johan du Toit, 6. Eital Bredenkamp (kaptein), 5. Eduard Zandberg, 4. Jurie van Vuuren, 3. Michael Kumbirai, 2. Chad Solomon, 1. Caylib Oosthuizen. Bank: 16. Dean Muir, 17. Frans van Wyk, 18. Ruben de Villiers, 19. Luke Stringer, 20. Herschel Jantjies, 21. Brandon Thomson, 22. Grant Hermanus.

Blou Bulle

15. Manie Libbok, 14. Dewald Naudé, 13. Dries Swanepoel, 12. JT Jackson, 11. Kefentse Mahlo, 10. Joshua Stander, 9. Ivan van Zyl, 8. Clyde Davids, 7. Abongile Nonkontwana (kaptein), 6. Marco van Staden, 5. Aston Fortuin, 4. Freddy Ngoza, 3. Neethling Fouché, 2. Alandré van Rooyen, 1. Njabulo Gumede. Bank: 16. Jan-Henning Campher, 17. Andrew Beerwinkel, 18. Marius Verwey, 19. Luigy van Jaarsveld, 20. Theo Maree, 21. Kurt Webster, 22. Franco Naudé.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.