Tuks durf Maties met nuwe senterkombinasie aan

Divan Rossouw speel Maandagaand vir Tuks senter (Foto: Van Zyl Naudé/Saspa)

Tuks draf Maandagaand in Pretoria in die Varsitybeker-eindstryd met ’n nuwe senterkombinasie teen die Maties op die veld.

Pote Human, breier van Tukkies, het besluit om Joshua Stander in die beseerde Impi Visser se plek te kies en die gevaarlike heelagter Divan Rossouw sy sentermaat te maak.

Dit laat die deur oop vir die opwindende Manie Libbok om die laaste vesting te beman.

Toko Maebane, wat vanjaar ’n goeie kombinasie met Visser gevorm het, kan homself ongelukkig ag dat hy op die bank sit.

Voorlangs maak die kaptein Chris Massyn ’n terugkeer op flank, nadat hy die halfeindstryd met ’n besering misgeloop het.

Dit is duidelik uit Human se keuses agterlangs dat hy vuur met vuur wil beveg en hoop dat spelers soos Rossouw en Libbok die vonk kan verskaf wat die Varsitybeker die eerste keer sedert 2013 weer ’n staanplek in Pretoria kan gee.

Die Maties se afrigter, Hawies Fourie, het op sy beurt die kaptein en voorste drieëvraat in vanjaar se kompetisie, Craig Barry, van heelagter na vleuel in die beseerde Edwill van der Merwe se plek geskuif.

Tiaan Swanepoel sal die laaste vesting in Barry se plek beman.

Voorlangs vervang Wesley Adonis die beseerde JE van der Merwe op stut.

Die Stellenbossers, wat laas in 2010 die titel gewen het, sal hoop dat hulle die regte kombinasies het om die Pretorianers te troef.

Spanne –

Tuks: 15. Manie Libbok, 14. Dewald Naude, 13. Divan Rossouw, 12. Joshua Stander, 11. Sibahle Maxwane, 10. Tinus de Beer, 9. André Warner, 8. Clyde Davids, 7. Chris Massyn (kapt.), 6. Marco van Staden, 5. Ashton Fortuin, 4. Brian Leitch, 3. Johan Fouche, 2. Corniel Els, 1. Andrew Beerwinkel. Bank: 16. Jan-Henning Campher, 17. Jaco Holtzhauzen, 18. Tobie Verwey, 19. Eduan Lubbe, 20. Theo Maree, 21. Toko Maebane, 22. Keanan van Wyk, 23. Franco van den Berg.
Maties: 15. Tiaan Swanepoel, 14. Kyle Steyn, 13. Michal Haznar, 12. Chris Smit, 11. Craig Barry (kapt.), 10. Ernst Stapelberg, 9. Brendon Nell, 8. Devon Nash, 7. Kobus van Dyk, 6. Mitchell Carstens, 5. Johan Momsen, 4. Ian Groenewald, 3. Niel Oelofse, 2. Craig Corbett, 1. Wesley Adonis. Bank: 16. Hendrik Luus, 17. Ricky Nwagbara, 18. Wikus Groenewald, 19. Ruben de Villiers, 20. Stephan Streicher, 21. Remu Malan, 22. Christopher Smith, 23. Duncan Saal.

Afskop: 19:00 (Regstreeks op SuperSport)

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Matie ·

Die maties bly die voedingsaar van S A rugby, Tukkies ver benede die Maties

LiverBull ·

Ag tog ou Matie, kom ons kyk maar wat gebeur Maandag aand.

Maties kry seker al sy studente vanaf Bloemfontein :-) so Bloemfontein eintlik die voedingsaar!!

Geseende Paasnaweek vir jou boeta!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.