Tuks kan nie meer net op gunste staatmaak nie

UP-Tuks het nog net vier wedstryde oor in vanjaar se Varsitybekerreeks waarin hulle moet seker maak dat hulle nie aanstaande jaar in die Varsityskildreeks speel nie.

Met die NWU-Pukke wat Maandagaand in Tuks se vyfde wedstryd op hulle wag,  word sake nie makliker nie.

Tukkies moet, soos sake nou staan, darem drie van die vier oorblywende wedstryde wen om nie op gunste van ander staat te maak dat hulle nie as nie een van die onderste twee spanne eindig nie.

Die laaste span word outomaties afgeskuif, en die voorlaaste span moet teen vanjaar se tweede beste Varsitybekerspan uitspeel.

Benewens die Pukke, moet die Tukkies nog teen die Ixias, UJ en ook die Madibaz speel.

Twee van hierdie spanne, die Ixias en die Madibaz, is tans onderskeidelik derde en tweede laaste. Klop Tuks albei, wat ʼn mens sal aanvaar sal gebeur, slaan Tuks ʼn dubbele slag. Hulle kry die wenpunte op die punteleer, die verloorders verbeur dit, en Tuks skuif is skielik in, of binne bereik, van die veiligheid van die derde laaste posisie op.

Maar om sommer te aanvaar albei sal gewen word, is nie iets waarop Tuks in ʼn snaakse seisoen van soms baie goeie rugby sonder ʼn uitklophou, moet staatmaak nie.

♦  Dit sal Tuks loon om sommer Maandagaand al die relegasievrese te begin afskud. Die Pukke is tans derde op die punteleer, en self nog goed in die wedloop vir ʼn uitspeelplek.

In Tuks se guns is dat dit ʼn tuiswedstryd is, terwyl hulle ook sal hoop dat die wisselvallige UJ, ook tuis, die Madibaz van ʼn eerste oorwinning sal weerhou.

♦  In die Kaap speel die Maties teen die Ikeys in ʼn mini-weergawe van die oudste Intervarsity in die land op Coetzenburg, want die onder-20s van die twee voorste rugby-universiteite in die Kaap draf ook teen mekaar uit.

♦  Wits behoort in Bloemfontein te sterk vir die Ixias te wees en Tuks sodoende ʼn guns te doen, en die Ixias het ‘n loslootjie.

Maandagaand se wedstryde –

16:45 – UP-Tuks vs NWU-Pukke (TV)
18:30
– UJ vs Madibaz
18:30
– Ixias vs Wits
19:00 – Maties vs Ikeys (TV)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.