Tuks uit Carltonfinaal geskors; bekyk feite

Carltonbeker - Tukkies geskors.

Carltonbeker – Tukkies geskors.

Die Tukkies ondersoek die omstandighede wat tot die span se skorsing uit die eindstryd van die Blou Bulle-rugbyunie (BBRU) se Carltonliga A gelei het, en sal ooreenkomstig die feite optree.

Dit het bekend geword dat die BBRU die studenteklub op tegniese gronde deelname aan die eindstryd ontsê het nadat hy sy halfeindstryd teen die Naka Bulle 60-14 gewen het.

Sover vasgestel kan word is die die eerste keer dat die BBRU (of sy voorganger, die Noord-Transvaalse Rugbyunie) só `n drastiese stap doen.

Gert van Coller, die klubbestuurder van Tukkies, het aan Pale Toe! gesê die klub is besig om inligting oor die gebeure in te win en sal hom daardeur laat lei.

“As die reëls wel oortree is, aanvaar ons die beslissing; maar dit sal eers duidelik wees nadat ons al die inligting bymekaar het.”

Intussen maak die Naka Bulle gereed om Centurion oor `n week in die eindstryd aan te durf.

In `n ironiese kinkel het Naka verlede jaar die halfeindronde van die reeks misgeloop nadat hy self om tegniese redes punte aan Harlequins moes afstaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Gert ·

Julle is n grap. Lees hoe julle julself weerspreek!! Eerste keer in geskiedenis en dan verlede jaar wel gebeur!!??

Piet Ebersohn ·

Gert, lees gerus weer die berig, en ook Niel Maree se kommentaar hierop. [Dankie, Niel.] Niemand is verlede jaar geskors nie. Naka Bulle het die kwarteind misgeloop omdat hy IN DIE RONDOMTALIE PUNTE VERLOOR HET. Naka is nie uit die halfeind geskors nie. Daar is dus geen weerspreking in die berig nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.