Twee klubs van die Blou Bulle-rugbyunie (BBRU) is voornemens om hul spanne bymekaar te gooi vir vanjaar se Carltonseisoen.
Die Tshwane Universiteit vir Tegnologie (TUT) en die Sefako Makgatho-universiteit vir Gesondheidsdienste (SMU) in Ga-Rankuwa het `n ooreenkoms in dié opsig bereik
Neels van Heerden, die voorsitter van TUT, sê kragtens die ooreenkoms sal die SMU vir die duur van die 2016-seisoen as TUT se derde span aan die bond se liga deelneem.
Die span sal as TUT/SMU bekend staan en as `n geslote span uitsluitlik met SMU-spelers deelneem.
♦ Die SMU was voorheen bekend as die Mediese Universiteit van Suid-Afrika (Medunsa).
Hy speel ook in Universiteitsport Suid Afrika (Ussa) se jaarlikse toernooi en aspireer om teen 2018 in aanmerking te kom vir deelname aan die Varsityskild.