Twee Blou Bulle-klubs gooi spanne saam

TUTTwee klubs van die Blou Bulle-rugbyunie (BBRU) is voornemens om hul spanne bymekaar te gooi vir vanjaar se Carltonseisoen.

Die Tshwane Universiteit vir Tegnologie (TUT) en die Sefako Makgatho-universiteit vir Gesondheidsdienste (SMU) in Ga-Rankuwa het `n ooreenkoms in dié opsig bereik

sefako makgathoNeels van Heerden, die voorsitter van TUT, sê kragtens die ooreenkoms sal die SMU vir die duur van die 2016-seisoen as TUT se derde span aan die bond se liga deelneem.

Die span sal as TUT/SMU bekend staan en as `n geslote span uitsluitlik met SMU-spelers deelneem.

♦ Die SMU was voorheen bekend as die Mediese Universiteit van Suid-Afrika (Medunsa).

Hy speel ook in Universiteitsport Suid Afrika (Ussa) se jaarlikse toernooi en aspireer om teen 2018 in aanmerking te kom vir deelname aan die Varsityskild.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.