Twee Bokke onder Wêreldrugby se vyf bestes

Faf de Klerk is saam met Malcolm Marx benoem as een van Wêreldrugby se vyf kandidate vir die toekenning as speler van die jaar. (Foto: GB Jordaan)

Beauden Barrett, wat die afgelope twee jaar as Wêreldrugby se speler van die jaar gekroon is, is wéér onder die vyf spelers uit wie vanjaar se beste gekies gaan word.

Maar belangriker, twee Springbokke, Malcolm Marx en Faf de Klerk, is ook vir die toekenning benoem met die All Blacks-vleuel Rieko Ioane en die Ierse losskakel Johnny Sexton die ander twee kandidate.

Suid-Afrika het dus drie spelers wat vir ʼn Wêreldrugby-toekenning benoem  is, met die nuweling-vleuel Aphiwe Dyantyi wat een van die drie spelers is wat as nuwelinge oftewel deurbreek-spelers benoem is.

Schalk Burger (2004) en Bryan Habana (2007) is vorige Springbokke wat die toekenning gewen het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

marco polo ·

As Marx net kan leer om die bal elke keer akkuraat by ‘n lynstaan in te gooi, sal hy nog beter wees. Dit geld vir al die Springbok hakers.

rollie ·

Marx het nog nie vanjaar die tipe spel opgedis wat hy verlede jaar gedoen het nie. Verrassende keuses veral omdat die twee in ‘n span speel wat net ‘n wenrekord van 50% het. De Klerk seker grootliks op die rug van sy vertonings in Engelse rugby genomineer.

Kosie ·

Stem saam Rollie, Embrose Papier moes benoem gewees het in pleks van Faf. Geld die kwotastelsel dan nie vir die benoemings nie? Sug….

Lekker lag ·

Twee sterre in ‘n span met 50% wen rekord. Ander fantasties spelers ook in die span – Etsebeth, du Toit, Kitshoff, Vermeulen, Pollard. Dink as beste spelers elke keer gekies word met die top spelers as kern is die wen rekord > 80%. Maar helaas die kwotas…..kyk na die toets teen Wallis in USA, asook die toets teen AB’s op Loftus ?

Rinkhals ·

Ja nee kyk Mbonambi en Papier kwalifiseer as wereld spelers van die jaar agv kwotas en Willemse oorskadu Willie in die ingeval dat hy uiteindelik homself bewys as heelagter erens in die toekoms.

rollie ·

Papier en Mbonambi het nog nie regtig kans gekry om hulself te bewys nie, maak maar die bank warm.

Swartwolf ·

@Rollie: Willemse het my verbaas. Hy moet eintlik demand om 15 te speel. Great potensiaal dit is sy posisie in die toekoms. Ek is oortuig. Bokke verloor agv slapgat houding.

rollie ·

Het nie die wedstryd gesien nie net gehoor Marx kan steeds nie ‘n bal in die lynstaan ingooi nie. Ek is nie verbaas met die verloor nie, swakste afrigter ooit, 5 uit 11 sover.

Swartwolf ·

Ongelukkig nie oor afrigter gepraat nie. Spelers wat miljoene verdien moet pa staan vir die gemors. Rassie kan blameer word vir kwota gemors op Loftus nie vir die een nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.