Twee Bokke vir ‘speler van die jaar’ benoem

Pieter-Steph du Toit. Foto: ANA.

Die een het almal laat regop sit met sy flinke pypkan-maneuvers op vleuel, terwyl die ander speler die hart en siel van die Bokke se enjinkamer is.

Nou kan hulle op die internasionale verhoog vereer word.

Die Springbokke se Cheslin Kolbe en Pieter-Steph du Toit is deur Wêreldrugby in hul speler van die jaar-kategorie benoem.

Kolbe het skitterend teen Nieu-Seeland gespeel terwyl Du Toit ’n reus voorlangs was – soos wat sy 50 duikslae in die toernooi getuig.

Ander spelers wat vir dié eer benoem is, sluit Tom Curry (Engeland), Alun Wyn Jones (Wallis), Ardie Savea (Nieu-Seeland) en Joe Taufete’e (VSA) in.

Ander Suid-Afrikaanse benoemings:

  • Rassie Erasmus: afrigter van die jaar
  • Springbokke: span van die jaar
  • Cobus Reinach: drie van die jaar
  • Hershel Jantjies: deurbraakspeler van die jaar

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Maria ·

Maar erken Pieter mooiste reuse man met seuntjie gesiggie baie geluk

Robert ·

Hulle kon maar ou Faf ook benoem het as skopper van die jaar…….

Hagar ·

Maroela julle is werklik baie baie teleurstellend. Julle behoort so by te wees dat julle onmiddellik ons die nuus van die Wewreld beker deur te gegee het!!!!!!!!!!!!!!!!!! Baie mense kan vandag nie meer tv bekostig nie. Baie boere op die platteland het geen opvangs nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.