Twee geskors ná handgemeen

Twee spelers is Sondag deur Sanzaar geskors nadat hulle Saterdag in ʼn Superrugbywedstryd handgemeen geraak het.

Rynardt Elstadt (ʼn flank van die Stormers) en Henco Venter (ʼn flank van die Cheetahs) het mekaar in die 80ste minuut van die twee spanne se botsing in Bloemfontein toegetakel, en is met rooi kaarte van die veld gestuur.

Albei het Sondag voor Sanzaar se vuilspelkomitee skuld erken, en is elk vir ʼn week geskors.

Hul vroeë skulderkenning en skoon rekords het tot dié ligte vonnis bygedra, sê Sanzaar in ʼn verklaring wat Sondag uitgereik is.

Omdat Sanzaar se “week” ’n wedstryd bedoel, en die Cheetahs eerskomende naweek ’n loslootjie het, duur Venter se skorsing tot 14 Julie, waar Elstadt s’n op 8 Julie verstryk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Hennie ·

Rynhardt Elstadt het ‘n skoon rekord ? Klink vir my vreemd. Hy is ‘n wandelende geelkaart en het al verskeie van hulle “verwerf”, of tel dit nie? Miskien is dit die eerste keer dat hy aangekla is. Bly my verstand te bowe gaan dat hierdie professionele spelers hulle soos amateur straat bakleiers op die veld gedra. Ek het tot ‘n mate simpatie met Venter, kon hy regtig agter hom sien?

Jakkalas ·

Elstadt is ‘n boelie. Hy probeer spelers intimmideer deur sy vuil spel. Baie dieselfde as Pote Fourie van die Bulle. Ongelukkig word spelers wat nie op hulle laat trap nie geskors agv terugslaan…..

Nicolas ·

Rynhardt Elstadt is n gereelde kwaad doener en kos die kapenaars al vir n lang tyd met sy dom spel. Venter verdien erger, hy het presies geweet wat hy doen en direk sy opponent in die gesig geslaan! Spelers is al langer geskors vor baie erger insidente!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.