Twee tugsake spruit voort uit Saterdag se Superrugby-botsing tussen die Sharks en die Rebels in Melbourne, het Sanzaar Sondag aangekondig.
Luidens ʼn verklaring deur die beheerliggaam sal die Sharks se senter André Esterhuizen en die Rebels se losskakel Nic Stirzaker so gou doenlik voor Sanzaar se vuilspelkomitee verskyn.
Esterhuizen se verskyning spruit uit ʼn rooi kaart wat hy ná ʼn beweerde boorvat in die 17de minuut op die Rebels-vleuel Sefanaia Naivalu uitgevoer het.
Stirzaker het hom ʼn rooi kaart op die hals gehaal nadat hy glo in die derde en weer die 69ste minuut moedswillig oortree het. ʼn Tweede geel kaart het vanselfsprekend tot die rooie gelei.
Sou die spelers skuld erken en die vuilspelkomitee se beslissing aanvaar, sal die saak as afgehandel beskou word.
As die kop dom is moet die lyf swaarkry
Nic is so ver ek weet die Rebels se skrum en nie losskakel nie.