Twee kapteins se reaksie na toets

Bokkaptein Schalk Burger tydens Vrydag se mediakonferensie. (Foto: GB Jordaan)

Bokkaptein Schalk Burger tydens Vrydag se mediakonferensie. (Foto: GB Jordaan)

Die twee kapteins het direk na die skitterende wedstryd Saterdag in die Rugbykampioenskap wat op Ellispark 27-20 deur die All Blacks gewen is, hulle menings oor die wedstryd gegee.

Schalk Burger van die Springbokke was teleurgesteld omdat sy span nie die geleenthede kon afrond wat hulle geskep het nie.

Aan die ander kant het Richie McCaw, wat sy laaste wedstryd in Suid-Afrika gespeel en ook die deurslaggewende drie gedruk het, sy span geloof dat hulle dit wél gedoen het.

Hier is wat die twee na die wedstryd te sê gehad het:

Schalk Burger, Springbokkaptein:

Ons het geleenthede geskep, maar kon dit ongelukkig nie benut nie. Die All Blacks is `n gehaltespan en het hulle kanse gebruik.

Ons het weer eens so naby gekom, en ons het die momentum nodig (voor die Wêreldbeker). Ons het dit nie nou nie.

Richie McCaw, All Blackkaptein

Jy’s nooit uit die wedloop nie. `n mens moet net vabyt en die kanse sal kom.

Dit het neergekom op een of twee oomblikke en geluk aan ons span wat vasgebyt het.

Ons sal vorentoe net verbeter.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Xavier Greyling ·

Ai….-sug-….nog ‘n naweek…nog ‘n Bok-verloor….Ek veg hard om die terugkeer van rooi in my bloed te keer, want my bloed is GROEN!!! GROEN en GOUD!!! Maar genugtig man, is daar dan nie slim ouens agter die skerms wat ons manne op die veld moet wys maak oor Laerskool-rugby truuks van opponente wat keer op keer op keer met groot sukses teen die Bokke uitgetoets word nie??? As ondersteuner, toeskouer en TV-kyker is dit so verbasend om te sien hoeveel ander spnne die Bokke uitoorlê met, met wat ek bestempel, as Laerskool-truuks!!! En dit lyk ons manne het geeeeeeeeen ‘clue’ daarvan nie!!! Die rugby-argiewe sal wys dat die Bokke telke male platvoet gevang word deur opponente as hierdie slinkse truuks gebruik word. Ek wil geensins voorkom asof ek wil vingers wys na ‘scapegoats’ nie (om nie eens van die skeidsregters te praat nie!!! LOL!!) elke keer as die Bokke ‘n nederlaag ly nie, maar om met hierdie tipe truuks keer op keer op keer uitgevang te word is darem verregaande!!! Ten slotte dan, my vraag is: “waar is daai ‘slim’ span om ons manne boorlik voor te berei?”

reggy ·

Ek stem heeltemal saam met jou stelling. Ek moet net so hard keer dat die rooi nie terug moet keer nie. Ai, maar my bloed bly maar nog groen. Ek stem ook saam met daai laerskool truuks stelling van jou

Louis Pieterse ·

Kan iemand tog net vir Heyneke Meyer en al se veteraan bokke jaag asb,Snorre sou dalk beter gevaar het met span keuses

Riaan du Plooy ·

Sou ek vir die Bokke gespeel het sou ek beter gevaar, meer geïnspireer en gemotiveer wees onder die leierskap van Burger as onder Mattfield of De Villiers. Blowed nog baie groen!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.