Twee spelers is bestem om Saterdag in Windhoek in die Supersportreeks hul buiging van die bank af vir die Pumas te maak.
Die losvoorspeler Franna Kleinhans en die veelsydige agterspeler Gerrit Smith is ingesluit in die 22-tal wat teen die Welwitschias speel.
Kleinhans is ʼn gewese SA Skolespeler wat Curriebekerrugby vir die Sharks gespeel het.
Smith het in dié reeks se Eerste Liga vir die SWD Arende uitgedraf.
Die span –
15. Devon Williams, 14. Jerome Pretorius, 13. Hennie Skorbinski, 12. Ryan Nel, 11. Jean-Paul Lewis; 10. Kobus Marais, 9. Emile Temperman, 8. Carel Greeff, 7. Nardus van der Walt, 6. Brian Shabangu, 5. Hugo Kloppers, 4. Tazz Fuzani, 3. Marne Coetzee, 2. Frank Herne, 1. Kwezi Mona. Bank: 16. Mark Pretorius, 17. Jacques Kotze, 18. Jannie Stander, 19. Franna Kleinhans, 20. Reynier van Rooyen, 21. Sias Ebersohn, 22. Gerrit Smith.