Twee maak buiging vir WP teen Cheetahs

Die Westelike Provinsie het twee nuwelinge ingesluit in sy opdrafspan vir Sondag se Curriebekerwedstryd teen die Cheetahs.

SP Marais (heelagter) en Ramone Sameuls (haker) trek die streeptrui die eerste keer oor die kop wanneer die WP sy 2017-Curriebekeraanslag in Bloemfontein begin.

Die slot Chris van Zyl sal die span aanvoer.

Anders as in die Superrugbyreeks het die Cheetahs, die verdedigende kampioen, in 2015 laas in die Curriebekerreeks verloor.

Die span –

15. SP Marais, 14. Bjorn Basson, 13. Michael Hazner, 12. Dan Kriel, 11. Seabelo Senatla, 10. Kurt Coleman, 9. Justin Phillips, 8. Sikhumbuzo Notshe, 7. Johan du Toit, 6. Kobus van Dyk, 5. JD Schickerling, 4. Chris van Zyl (kaptein), 3. Wilco Louw, 2. Ramone Samuels, 1. Ali Vermaak. Bank: 16. Scarra Ntubeni, 17. Caylib Oosthuizen, 18. Frans van Wyk, 19. Steph de Wit, 20. Jaco Coetzee, 21. Godlen Masimla, 22. Brandon Thomson.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.