Twee met volop ervaring gekies vir Bok-groep

Springboks logoTwee ervare Springbokke wat nog nie deel van vanjaar se Rugbykampioenskap oorweeg kon word nie, is in die groep vir die laaste twee toetse teen die Wallabies en die All Blacks ingesluit.

Nog twee Bokke is terug nadat hulle in die reeks beseer is.

Pat Lambie (51 toetse) het herstel van harsingskudding wat hy teen die Iere opgedoen het, en Willie le Roux (37) is uit Japan ontbied vir die groep van 31, en Lood de Jager en Julian Redelinghuys keer onderskeidelik na `n week en vier weke na die strydperk terug.

Lourens Adriaanse is die enigste van die groep wat pas uit Australasië teruggekeer het, wat nie weer die paal gehaal het nie.

Die Bokke kom Sondag in Johannesburg bymekaar.

Allister Coetzee, die Bokafrigter, se die keurders het verkies om kontinuïteit te behou met die kies van die groep.

Die groep (alfabeties) –

Willem Alberts, Damian de Allende, Lood de Jager, Juan de Jongh, Faf de Klerk, Pieter-Steph du Toit, Eben Etzebeth, Johan Goosen, Bryan Habana (onderkaptein), Francois Hougaard, Elton Jantjies, Steven Kitshoff, Vincent Koch, Jaco Kriel, Jesse Kriel, Patrick Lambie, Willie le Roux,  Francois Louw, Lionel Mapoe, Malcolm Marx, Bongi Mbonambi, Oupa Mohoje, Franco Mostert, Tendai Mtawarira, Lwazi Mvovo, Trevor Nyakane, Rudy Paige Julian Redelinghuys Morne Steyn Adriaan Strauss (kaptein), Warren Whiteley.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Jakkalas ·

Oe eh eh……. watse boodskap gee dit deur na die jong spelers wat hier seisoen na seisoen speel? Wie se spelpeil beter as die lede is? Alister Coetzee gryp na grashalms en kom paniekerig voor…..

Ag nee wat! ·

Benoude bokke maak benoude spronge….Ou AC en kie het nie n idee wat hul doen nie so probeer nou maar op die spelers se ervaring terug val om hul basse te red Bwaaa baahahaaa,al beteken dat hy moet hul van ander lande af gaan haal …..ag nee wat Ac what a joke man…wil vookom jul is so hol en verbeeldingloos soos jul prestasies….hy leer maar stadig!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.