Twee speel eerste keer vanjaar vir Pumas

Sias Ebersohn laat loop ʼn bal na Ruwellyn Isbell in die Pumas se wedstryd teen die Goue Leeus. (Foto: Frans Louw/Steval Pumas)

Twee gereelde staatmakers van die Pumas is die eerste keer vanjaar in die provinsiale groep met hul insluiting in die 22-tal wat Sondag in Johannesburg in die Supersportreeks teen Namibië se Welwitschias speel.

Jannie Stander (slot), ʼn gewese SA o.20-speler, en Kwezi Mona (stut) is albei vir die kragmeting op die bank gekies.

Die veelsydige voorspeler Johan Grundlingh behoort sy buiging vir die span van die bank af te maak, nadat hy vroeër vanjaar vriendskaplike rugby vir die bond gespeel het.

Brian Shabangu sal die beseerde Reuben Johannes op flank in die opdrafspan vervang, en Hennie Skorbinski is weer die kaptein.

Die span –

15. Devon Williams, 14. Ruwellyn Isbell, 13. Hennie Skorbinski (kaptein), 12. Ryan Nell, 11. Jean-Paul Lewis, 10. Kobus Marais, 9. Reynier van Rooyen, 8. Carel Greeff, 7. Willem Engelbrecht, 6. Brian Shabangu, 5. Hugo Kloppers, 4. Stephan Greeff, 3. Marne Coetzee, 2. Frank Herne, 1. De-Jay Terblanche. Bank: 16. Marko Janse van Rensburg, 17. Kwezi Mona, 18. Jannie Stander, 19. Johan Grundlingh, 20. Emile Temperman, 21. Sias Ebersohn, 22. Deon Helberg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.