Twee Springbokke terug in Leeus se span

Twee Springbokke is terug in die Goue Leeus se span vir Saterdag se Curriebekerwedstryd teen die Pumas op Ellispark in Johannesburg.

Die stut Ruan Dreyer, wat pas pa geword het, is om dié rede nie saam met die Bokgroep Australasië toe nie, en mag vir die Leeus speel; en die agsteman Ryan Kankowski, het van sy liesbesering herstel.

Jacques van Rooyen, die loskopstut, behou die kapteinskap in weerwil van Kankowski se terugkeer.

Sylvian Mahuza skuif heelagter toe, en Madosh Tambwe vul sy plek op regtervleuel.

Manual Rass speel buitesenter in die plek van Harold Verster, wat ʼn hand beseer het.

Die veelsydige Branco du Preez, op leen van die Blitsbokke af, is op die bank.

Die span –

15. Sylvian Mahuza, 14. Madosh Tambwe, 13. Manual Rass, 12. Rohan Janse van Rensburg, 11. Aphiwe Dyantyi, 10. Ashlon Davids, 9. Marco Jansen van Vuren, 8. Ryan Kankowski, 7. Fabian Booysen, 6. Cyle Brink, 5. Marvin Orie, 4. Andries Ferreira, 3. Ruan Dreyer, 2. Robbie Coetzee, 1. Jacques van Rooyen (kaptein). Bank: 16. Pieter Jansen, 17. Corné Fourie, 18. Jacobie Adriaanse, 19. Robert Kruger, 20. Hacjivah Dayimani, 21. Branco du Preez, 22. Jaco van der Walt.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.