Twee strawwe littelosmakers in Namibië verwag

Strawwe mededinging word verwag wanneer Namibië se Welwitschias en die nasionale o.20-span twee uitnodigingspanne aandurf in littelosmakers met die oog op hul verpligtinge vorentoe vanjaar.

Die Welwitschias ding van 22 April af in die Suid-Afrikaanse tweedevlakreeks, die Supersport-uitdaagreeks mee; en die o.20-span speel van 18 April af in Madagaskar in die toernooi om Rugby Afrika se Barthesbeker.

Die littelosmakers is vir 12 April in die Hage Geingob-stadion in Windhoek bepaal.

Die uitnodigingspanne is uit klubspelers uit die Namibiese ligas saamgestel, en omdat talle van die genooide spelers sal wil bewys lewer dat hulle ʼn plek in die nasionale spanne verdien, word redelik skouspelagtige rugby verwag.

Die groepe vir die Supersport-reeks en die Barthestoernooi word later vandeesweek aangekondig.

Johan Diergaardt, ʼn oudafrigter van die nasionale span, en Shawn Kaizemi, ʼn gewese toetslosskakel van Namibie, sal die uitnodigingspanne help slyp.

Die o.20-wedstryd begin 18:00 en die Welwitschias s’n 19:45.

Toegang is gratis sodat die Windhoekse rugbypubliek die geleentheid kan benut om te sien wat die komende seisoen vir hulle inhou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.