Twee stukkies goeie nuus vir Lions oor beseerdes

Aphiwe Dyantyi – saam met die Lions Christchurch toe. (Foto Facebook)

Die Lions het sedert Saterdag asem opgehou dat hul blitsige Springbok-vleuel Aphiwe Dyantyi saam Christchurch toe kan vertrek vir Saterdag se Superrugby-eindstryd teen die Crusaders. En toe kry hulle sommer ʼn bonusbrokkie goeie nuus.

Dyantyi is wel in die toergroep van 25 spelers, en die flank Cyle Brink is ook weer slaggereed ná hy in die kwarteindstryd ʼn stamp gekry het.

♦ Dyanti het ná rustyd nie weer op die veld verskyn nadat hy in die eerste helfte ná ʼn stukkie briljante individuele spel en ook verbysterende vaart vanuit diep in sy eie gebied teen die Waratahs gaan druk het nie. Hy het sy dyspier beseer en daar was onsekerheid oor sy deelname in Christchurch.

Sy besering sal in Nieu-Seeland verder gemonitor word.

♦ Brink het vanjaar in die afwesigheid van Jaco Kriel kans gekry om verder te ontwikkel en die oog te vang. Hy sal seker, soos sy twee losvoorspelermaats Warren Whiteley en Kwagga Smith, onder die Lions wees wat ná afloop van hul Superverpligtinge ook na die Springbok-oefenkamp genooi word.

Verlede naweek se Lions-23-tal wat die halfeindstryd teen die Waratahs met 44-26 gewen het, word aangevul deur Brink en die losskakel Shaun Reynolds.

Die Lions se groep ‒

Agterspelers
Andries Coetzee, Ruan Combrinck, Ross Cronjé, Elton Jantjies, Lionel Mapoe, Howard Mnisi, Courtnall Skosan, Harold Vorster, Aphiwe Dyantyi, Shaun Reynolds, Dillon Smit.
Voorspelers
Ruan Dreyer, Malcolm Marx, Franco Mostert, Marvin Orie, Kwagga Smith, Dylan Smith, Jacques van Rooyen, Warren Whiteley (kaptein), Cyle Brink, Hacjivah Dayimani, Lourens Erasmus, Corné Fourie, Johannes Jonker, Marnus Schoeman.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

KaLi ·

Kom ons kyk hoe choke Saffas weer in die final… 39-13 vir die ‘Saders!!

Jorrie Jordaan ·

Van ‘n volbloed blou bul …sterkte aan die Lions vir ‘n wen. Die Lions verteenwoordig after all ons Suid Afrikaners! Go Lions!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.