Twee toetsspelers uit SA kies Wes-Australië

Twee toetsspelers uit Suid-Afrika het luidens berigte kontrakte onderteken om vanjaar vir Wes-Australië in die Aussies se Nasionale Rugbykampioenskap (NRK) te speel.

Die Springbok-losskakel Peter Grant en Marcel Brache, ʼn senter van die Amerikaanse Arende, het albei voorheen vir die ontbinde Superrugby-franchise Western Force gespeel.

Grant (33) het Suid-Afrika in 2007-2008 in vyf toetse verteenwoordig, en daar is aanvanklik bespiegel dat hy oorweeg om uit te tree met die Force se ontbinding.

Brache (30), wat in Amerika gebore is, het in Kaapstad grootgeword, van 2011 tot 2013 vir die Westelike Provinsie gespeel, en in 2012 ʼn slag vir die Stormers.

Ironies genoeg, het die destydse WP-afrigter, Allister Coetzee, wat pas as Bok-afrigter die trekpas gekry het, volgehou om Brache vir die span te kies in weerwil van deurlopende kritiek dat hy die agterlyn se slaankrag verswak het.

Brache het sedert 2016 in agt toetse vir die Arende gespeel, die jongste verlede Saterdag (ʼn dag ná Coetzee se ontslag deur Saru) van die bank af in die Amerikaanse Rugbykampioenskap.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.