Twee uit SA help Austin wen in Amerika

Zinzan Elan-Puttick – twee drieë. (Foto: Austin Elite Facebook)

Twee spelers met Suid-Afrikaanse wortels het Austin Elite Vrydag gehelp om Utah Warriors in die Amerikaanse Senior Rugbyliga (MLR) met 41-33 te klop.

Zinzan Elan-Puttick (heelagter) het twee van die wenspan se vyf drieë gedruk, en die Springbok Pedrie Wannenburg (agsteman) ʼn derde.

Eersgenoemde is ʼn oudleerling van Grey Kollege in Bloemfontein.

Hy het die vorige week se drie van die week gedruk toe hy uit sy eie doelgebied uit deurgenael het.

Ben Nichols het ʼn doelskop vir Warriors behaal.

Hy het as Tukkie die Blou Bulle in sewesrugby verteenwoordig – later ook sy geboorteland, Zimbabwe.

Austin se losvoorspeler Hanco Germishuys het die vorige week die MLR se vyftiental van die week die derde keer gehaal.

Germishuys, met ses die voorste driedrukker in die reeks, het Griekwas op o.13-vlak by die Cravenweek verteenwoordig.

Hy is vir die res van die MLR vir Austin verlore weens sy insluiting in Amerika se groep vir die Junie-toetse.

In die naweek se ander wedstryde het die onoorwonne Glendale Raptors met 47-10 oor New Orleans se NOLA Gold geseëvier; en die Seattle Seawolves het Houston Sabercats met 20-7 oorwin.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Afrikaanse Knaap ·

Lekker manne. Maak naam daar. As SA nie vir julle geleenthede wil gee nie, gaan soek dit in die buiteland. Julle maak my trots.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.