Twee uit SA in Brasiliaanse rugbygroep

Twee Suid-Afrikaners is ingesluit in die Brasiliaanse oefengroep met die oog op die Suid-Amerikaanse Senior A-kampioenskap wat vandeesmaand begin.

Die skrumskakel Beukes Cremer en die vleuel De Wet van Niekerk is tussen die 34 spelers wat na die oefenkamp in São José dos Campos, São Paulo, genooi is.

Die 29-jarige Cremer het die Tupis sedert 2015 reeds in 16 toetse verteenwoordig. Hy het o.19-rugby vir die Oostelike Provinsie gespeel.

Van Niekerk (23), ʼn produk van die Maties se rugbyakademie, het sy toetsbuiging verlede jaar gemaak en sy vier toetse dusver om die helfte op linker- en regtervleuel gespeel. Hy was oorspronklik ʼn flank, en speel sy klubrugby op senter.

Brasilië se eerste wedstryd vanjaar is 13 Mei teen Chili, wat verlede jaar tweede was, maar met 19-3 deur die Tupis geklop is.

Uruguay, die kampioen, en Paraguay is die ander deelnemers.

♦ Nog ʼn Suid-Afrikaner, ʼn o.18-Cravenweek-flank van die Sharks, Devon Muller, het verlede jaar ʼn tweejaarkontrak met die Brasiliaanse Rugbykonfederasie (CBRu) beklink, en het reeds vir dié land se o.19-span gespeel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Piet Faasen ·

Die Stellenbosch Rugby Akademie is baie trots op DeWet. Hy is `n yster. Terloops die SRA is nie Maties se Akademie nie, maar `n private Rugby Akademie gesetel in Stellenbosch.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.