Twee uit Suid-Afrika puik in Force-oorwinning

Brynard Stander – puik in 50ste wedstryd. (Foto: Western Force)

Twee spelers uit Suid-Afrika was tussen die Western Force se uitblinkers in die span se sege Vrydag oor die Hongkongse Dragons in Andrew Forrest se Wêreldrugbyreeks (WSR).

Die Force het die botsing in Perth met 45-24 gewen, nadat hy rustyd met 21-7 voorgeloop het.

Sowel Brynard Stander (gewese Sharks-losvoorspeler) as Marcel Brache (gewese Stormers-driekwart) het ook in hul 50ste wedstryd vir die Wes-Australiese span gespeel.

Die Springbok Peter Grant het drie van die wenspan se drieë verdoel, en Stander een.

Forrest het die reeks geskep om die Force aan die gang te hou, nadat hy uit Superrugby gesit is.

Hongkong het op sý beurt die wedstryd as deel van sy voorbereiding vir die vierhoekige Rugbywêreldbeker-heruitdun in November in Frankryk benut. Hy sal teen Kanada, Duitsland en Afrika se naasbeste span (wat aanstaande week bepaal sal word) te staan kom.

Die veteraan-Bok Jaque Fourie (35), wat vanjaar kortstondig vir die Force gespeel het, het intussen aangekondig dat hy finaal uittree.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

koos ·

Hi Maroela media

Dit lees dat Stander ook ‘n drie verdoel het – maar ek dink egter hy het ‘n drie gedruk en nie verdoel nie.

Vriendelike Groete
koos

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.