Twee van SA onder beste rugbystadions ter wêreld

Ellispark-stadion (Foto: Gauteng Film Commission)

Twee van Suid-Afrika se bestes tel onder Wales Online se 15 voorste rugbystadions ter wêreld.

Die gesaghebbende Walliese publikasie het faktore soos atmosfeer, onvergeetlike oomblikke en bobaas-uitsigte in ag geneem om hul lekkerste stadions te kies.

Loftus Versfeld (vyfde) en Ellispark (derde) het hul lys gehaal.

“Loftus Versfeld is waarskynlik die intimiderendste plek waar jy kan wees wanneer die Suid-Afrikaanse volkslied gesing word. Daar is plek vir slegs 50 000 toeskouers, maar soms voel dit asof daar twee keer soveel ondersteuners in die stadion is,” volgens die webwerf.

Volgens die berig is Ellispark in Johannesburg een van die ikoniese stadions in wêreldrugby.

loftus6

Loftus Versfeld. Argieffoto.

“Die voormalige All Blacks-skrumskakel, Justin Marshall, het een keer gesê dat selfs die busrit na Ellispark uitdagend kan wees omdat van die Bok-ondersteuners teen die bus stamp.

“Wanneer jy op die veld is, kan jy die vyandigheid en passie van die ondersteuners voel soos by geen ander plek nie. Dit is dus geen verrassing dat die Springbokke hul beste rugby op Ellispark speel nie.”

Die 15 beste rugbystadions volgens Wales Online:

  1. Principality-stadion (Wallis)
  2. Edenpark (Nieu-Seeland)
  3. Ellispark (Suid-Afrika)
  4. Suncorp-stadion (Australië)
  5. Loftus Versfeld (Suid-Afrika)
  6. Velez Sarsfield (Argentinië)
  7. Murrayfield (Skotland)
  8. Stade de France (Frankryk)
  9. Parc des Sports Marcel Michelin (Frankryk)
  10. Twickenham (Engeland)
  11. Aviva-stadion (Ierland)
  12. Etihad-stadion (Australië)
  13. Thomond-park (Ierland)
  14. Stade Felix Mayol (Frankryk)
  15. Kingsholm (Engeland)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
Louis

Dis jammer dat Dunedin (House of Pain) nie meer bestaan. Dit sou definitief die lys gemaak het.