Twee van SA voor vuilspelkomitee ná rooi kaarte

Twee Suid-Afrikaanse spelers moet Sondag voor Sanzaar se vuilspelkomitee verskyn nadat hulle Saterdag rooi kaarte in die Superrugbyreeks op die lyf geloop het.

Albei se verskyning spruit uit ʼn voorval in die doodsnikke van die wedstryd tussen die Stormers en die Cheetahs in die Vrystaatstadion, Bloemfontein, waar hulle hulle glo skuldig gemaak het aan “die slaan van ’n speler met ʼn hand, arm of vuis”.

Die aangeklaagde partye is die Stormers-flank Rynhardt Elstadt en sy Cheetahs-eweknie Henco Venter.

Sanzaar sê in ʼn verklaring dat sou die spelers skuld erken en die toegedeelde straf aanvaar, die saak as afgehandel beskou sal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Francois ·

Dit is goed so want sulke tipe spel is onnodig en stem 100% saam, maar wat van die skuidsregter, hulle moet ook beboet word, voor komitee’s verskyn en soos die spelers ook 4 of 6 weke geskors word – ek skree nie vir een van die twee spanne nie, maar dit was baie swak “Refereeing” van Van Heerden wat teen die Cheetahs geblaas het – ‘n paar uiters swak beslissings wat net so onnodig was en die hele spel anders kon laat uitdraai het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.