Twee wegholseges in Supersportreeks

Saterdag se Supersportrugby het twee wegholoorwinnings opgelewer; die een soos verwag, die ander het beter belowe.

Die Blou Bulle het die erg verswakte Welwitschias van Namibië met 92-7 karnuffel (rustyd 52-0).

Die span moes sonder sy toetsspelers klaarkom, omdat hulle aan Wêreldrugby se Nasiesbekertoernooi in Uruguay deelneem.

Franco Naudé, die Bulle se binnesenter, het ʼn driekuns op die veld van sy ou alma mater, die Hoërskool Garsfontein, behaal.

Ná dese is die Bulle weer boaan die Noorde se punteleer, maar die Goue Leeus het `n wedstryd in die bank.

♦ Die Griffons het nie die verwagte teenstand teen die Sharks-vyftiental gebied nie, en is behoorlik met die kous oor die kop huis toe gestuur toe die tuisspan in Clermont, Durban, met 60-10 gewen het (rustyd 20-10).

Die Springbokvleuel Odwa Ndugane het drie drieë vir die wenspan gedruk.

Puntemakers –

Blou Bulle 92 (52) – Drieë: Boom Prinsloo (2), Franco Naudé (3), Kefentse Mahlo (2), Clyde Davids, Shaun Adendorff (2), Brian Leitch, André Warner (2), Earl Douwrie. Doelskoppe: Tinus de Beer (6), Joshua Stander (5).

Welwhitchias 7 (0) – Drie: Nikin Cloete. Doelskop: Dirk van Weidts.

Sharks 60 (20) – Drieë: Khaya Majola, Marius Louw, Sibusiso Sithole (2), Odwa Ndugane (3), Courtney Winnaar, Tristan Blewett. Doelskoppe: Benhard Janse van Rensburg (3), Danrich Visagie (3). Strafdoel: Benhard Janse van Rensburg.

Griffons 10 (10) – Drie: Jasper Wiese. Doelskop: Duan Pretorius. Strafdoel: Duan Pretorius.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.