Tyd haal Bokke in voor 2019-Wêreldbekertoernooi in Japan

Rassie Erasmus – sal as afrigter moet instaan. (Foto: Twitter munsterrugby)

Rassie Erasmus, wat Maandag ses weke vroeg by SA Rugby ingeval het en reeds met sy beplanning vir 2018 begin het, is natuurlik nie as afrigter van die Springbokke aangestel nie.

Die voormalige Bokkaptein, wat by Munster groot indruk as direkteur van afrigting gemaak het, moet in hierdie pos by SA Rugby na al agt die nasionale spanne omsien. Hy is boonop verantwoordelik vir die ontwikkeling van spelers, afrigters en skeidsregters.

Maar ʼn mens kan maar aanvaar dat Erasmus by die Bokafrigting betrokke sal wees.

Hoekom? Daar is minder as 22 maande oor voordat die 2019-Wêreldbekertoernooi in Japan afskop. Dit is waarskynlik reeds te laat om Allister Coetzee die trekpas te gee – en dit lyk na ʼn gegewe – en ʼn nuwe afrigter aan te stel.

Aanstaande jaar in Junie lê daar drie toetse teen Engeland voor, en nog een daarna op die jaareindtoer na Europa. Dáár moet selfvertroue vir die Wêreldbeker opgebou word.

Die ander bepalings vir die jaareindtoer is nog  nie bekend nie.

♦  Die brousel wat Coetzee, tussen sy dikwels teenstrydige gebabbel deur, agterlaat, gaan heelwat kos om reg te ruk. Dit sal  ʼn spesiale afrigter verg om dit reg te kry.

ʼn Mens kan maar jou laaste sente daarop verwed dat hierdie afrigter Erasmus sal wees. En sou die bespiegelinge (inderdaad, eintlik bevestigde inligting soos joernaliste dit maar doen) verkeerd wees dat Coetzee op pad is, sal hy hoogstens ʼn soort assistent vir Erasmus wees wat dan die praktiese afrigting sal doen.

Verwag dan ook ʼn heeltemal ander span, met meer gesigte wat van oorsee af deel van die Bokke se voorbereiding en wedstryde sal wees.

Oor die kombinasie en die uiteindelike samewerking tussen Erasmus en Coetzee kan daar boonop vrae wees. Die weiering, of dan ten minste teensinnigheid, van Coetzee om by Erasmus kers op te steek voor die Ierse wedstryd voorspel niks goeds vir hulle moontlike samewerking nie.

♦  Coetzee het, benewens die swak wenpersentasie en die rits rekords van die verkeerde soort in sy 23 toetse tot dusver ʼn ander, baie belangrike, toets gedruip.

Saterdag was daar net agt spelers van kleur in die Springbokgroep van 23. Dit is 34,8%. (In die beginspan was dit vier spelers, oftewel 26,6%.) In 2019 moet dit 50% wees wanneer die span na Japan vertrek.

Hoe die regering sal optree as dit nie die geval is nie, weet ʼn mens nie. Wat jy wel weet, is dat Coetzee ʼn gulde geleentheid laat verbygaan het om manne soos Lukhanyo Am, Makazole Mapimpi, Warrick Gelant, Sikhumbuzo Notshe, Damian Willemse en Curwin Bosch speelkans te gee.

Bosch het ʼn sinnelose vier minute in sy enigste toets tot dusver op die veld deurgebring en is daarna weggelaat.

Natuurlik is die kwotas ʼn frustrasie omdat dit afgedwing word (wie kla oor die Blitsbokke se gekleurde spelers?). Die kwotas is egter ʼn realiteit.

Die vraag is: het Coetzee tot dusver werklik die beste gekleurde spelers gekies? Is Am, wat binne- en buitesenter kan speel, swakker as die oorskatte en onderpresterende Damian de Allende en Jesse Kriel? Is Mapimpi nie beter as Courtnall Skosan, Dillyn Leyds en Raymond Rhule nie? En Nizaam Carr (ʼn regte agsteman) teenoor Uzair Cassiem? Wat van Warrick Gelant, wat meer foute maar ook meer drieë as Coetzee sal maak?

Die kleurkwessie is, ongelukkig, benewens die voorbereiding van die span, ander sake waaraan die volgende afrigter dringende aandag sal moet gee.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Rianto ·

AC word deur Mugabe vervang wat nounet bedank het!! Mugabe kan wragtig nie slegter doen nie.. en hulle beide het goei idiologiese idees , beide sukkel om dit uit te voer!! Enigste probleem is Mugabe kan nie meer op toere gaan nie agv ouderdom. Dit sal egter niemand pla nie… AC toer ook mos maar net en is eintleintlik afwesig so die spelers is dit al gewoond …. no harm done..

Henry ·

Grace Mugabe het onderneem om die afrigter(es) possie tydens alle buitelandse toere in die plek van die oubaas te hanteer.
Dit sal haar ook die geleentheid bied om alle agterstallige Guchi aankope in Parys, Rome en Milaan te doen.
Eezy peezy en Bob’s your uncle my tjaaina!

Pierre ·

Ek wonder soms oor hoe afrigting op skool plaasgevind het, die afrigter het met rottang in die hand agter jou aangehol en as jy nie lekker by is nie word jy gefoeter tot jy by is, goeie ou dae. Verseker het jy ook dan alles ingesit met oefening en game plan net om seker te maak jou gat brand nie. Dink net AC gaan moet hol om by die spelers te bly…….

Josua Keys ·

Soms was die vluitjie se toutjie ook ingespan, dit het daardie tyd gegaan ook dissipline, trots en verteenwoordigging van die skool, slapgatgyt was eenvoudig nie gedult nie en wat altyd vir my lekker wasis wanneer ons afrigters ons “kom bulle” ens genoem het, nie Bulls nie hoor, dit het ‘n ou so groot, sterk en belangrik laat voel en jou sommer gemotiveer om harder te speel al het ons baie kere verloor. Dit was ‘n trots om vir jou skool se eerste span te speel en ek het die voorreg gehad om dit op hoer en laarskool te doen en as ek so terug dink aan hoe hantering, bewegings in ons in gedril was kan ek nie verstaan waarom ons ouens in die groen en goud se lees, aanval taktiese skopwerk en hantering so pateties geraak het nie, my g…. sou gebrand het(Bakoond) soos dit bekend was as ek vir my senter maat ‘n bal aangee sonder om vir hom te kyk en glo my dit was nie kinder mishandeling nie dit was om jou te laat besef dat jy deel van n span is en nie net daar is vir jouself nie, weet julle wat my lekkerste bakoond was, na die tyd wanneer jy ‘n drie gedruk het dan het jy dit gevat soos n man, nou maak die ouers ‘n saak teen die skool dan wil ons weet waarom die bokke sukkel, Selfoontjies laat nie n game wen nie mense, goeie afrigting en trots wel.

Nakkie die Nar ·

Geen, maar GEEN afrigter gaan die gemors omdraai nie.
Hartseer, die feit is daar is nie meer karakter in n groen trui nie. Wat het HM so sleg gedoen om gepos te word? Hoekom is hy nie behou nie? Verseker sou hy Ysters bybring vir raad en daad.
Dis nag, hou dop wat Engeland in Junie ’18 met die bokke gaan doen…doodskoot gee, Rassie of te not. En, tot vervelens, gaan NZ alles bekyk, LEER, ONTLEED en TOEPAS, Ysters wat hul is, regmaak vir WC’19 se 3 in n ry!!!

Chicco the Clown ·

Nakkie, ek stem saam.
Daai verloor teen Japan in 2015 is oordrewe, totaal en al!
Toe verloor ons teen NZ met TWEE punte in die Semi maar dis n ramp, in n Wereldbekertoernooi maar EEN punt verloor nou die dag op Nuweland is asof ons die WB ge-WEN het! Tragies,
shame, shame en nogmaals SHAME, tyd het gekom om realisties te wees, dis n regte wereld da buite.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.