Uganda maak seker van derde plek in Afrika

Uganda het Saterdag in Kampala seker gemaak van die derde plek in Rugby Afrika se reeks om die Goue Beker.

Die Mahemme het Zimbawe ʼn deeglike loesing toegedien, en die twee spanne se kragmeting op die Kyadondo-rugbyveld met 38-12 gewen.

Namibië en Kenia het vroeër reeds die eerste twee plekke ingepalm.

Uit hoofde van sy bekeroorwinning sal eersgenoemde Afrika in 2019 in die toernooi om die Wêreldbeker in Japan verteenwoordig.

Die Biltongboere is die enigste span wat die reeks onoorwonne afgesluit het.

In die stryd van die agterosse het Tunisië vir Senegal met 19-3 oorwin.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.