Uit met tradisie, in met nuwe rugbytruuks

(Foto woligovabe.xlx.pl)

ʼn Mens kan maar net jou kop skud as jy lees en ook hoor van waarskynlik in-die-kol bespiegelinge oor ons rugby, en ook van ʼn werklikheid.

Die Curriebekerreeks, lankal reeds nie meer dit waaraan ons in die tagtigerjare tot en met so tien jaar gelede gewoond was nie, het vanjaar aanvanklik gestotter maar toe tog lekker rugby en ʼn paar nuwe sterre opgelewer.

Die Varsitybekerreeks word wêreldwyd geloof vir die wyse waarop spelers daar vir hoër louere geïdentifiseer word.

Pragtig. En goed so vir albei reekse. Dit gee moed in hierdie tyd van rugby-swaarmoedigheid waar daar op nasionale vlak op afrigting- en spelersvlak geweldig drooggemaak word.

♦  Dit bring jou terug by die Curriebeker- en die Varsitybekerreeks – en daarmee by die nuwe sotheid wat in die geval van eersgenoemde  volgens ingeligte bronne in 2018 die werklikheid sal wees, en die onverstaanbare gepeuter aan die reëls wat vir die Varsitybekerreeks sal geld.

Nog ʼn truuk, hierdie keer ʼn bisarre belaglikheid, word daar uitgestal deur die nuwe “kragspel”-reël waarvolgens elke span een keer per wedstryd die kragspel in werking kan stel deur twee van die teenstanders se agterspelers te identifiseer wat vir drie minute van die veld moet gaan.

Dit kan slegs in die span se eie helfte versoek word.

Gaan die reeks se beste span noodwendig op die wyse vasgestel word? Of gaan die besluite van ʼn kaptein in hierdie dobbelspel bepaal wie die beker wen?

Bisar, om die minste te sê …

♦  Oor die Curriebeker: geld het weer die grootste seggenskap.

Die Curriebeker het nie ʼn amptelike borg nie met Nashua en Direct Axis wat die afgelope twee jaar saamspan om die reeks aan die gang te hou; dit bots met die Superreeks, wat ondanks die inkorting na 15 spanne aanstaande jaar steeds van Februarie tot Augustus sal duur; die beste spelers is nie meer beskikbaar nie omrede hulle by die Springbokke betrek word; die Vrystaat Cheetahs, die kampioenspan in 2016, se kans om te wen, is ingekort omdat hul beste spelers dan aan die Pro14 deelneem.

Nou, so hoor jy by mense wat weet, gaan die reeks oor ʼn enkelronde beslis word.

Elk van die sewe spanne speel dus net drie keer op sy tuisveld. As jy gelukkig is, kry jy tuis met jou sterkste teenstander te doen (wat egter nie dieselfde sal kan sê nie).

Daar is nie kans om ondersteuners agter hul spanne te kry nie, en die verwaterde uitspeelrondes sal nie vir enige span werklik winsgewend wees nie.

Belangriker: die tradisie van die vernaamste huishoudelike kompetisie ter wêreld, wat in 1892 sy beslag gekry het, word eenvoudig geïgnoreer en verwerp.

Die Curriebeker, reeds nie wat dit was nie weens geld en kortsigtigheid, sal voortaan nie meer in tel wees nie.

Dok Craven was reg: geld sal alles verander.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Veritas ·

Dit is duidelik dat die bestuur van SARU nie die vaagste benul het van wat die beste vir SA rugby sal wees nie. My Pa het altyd gesê: ‘ Moenie krap waar dit nie jeuk nie’. Nou is dit duidelik dat SARU óf nie weet waar die jeuk sit nie óf hulle weet waar, maar weet nie hoé om dit te krap nie. Daar is duidelik net een genesing vir die jeukery en ons kan dit maar ‘Boikotsalf’ noem. Voordat rugbyliefhebbers nie eis dat die hele bestuur van SARU, die pad moet vat en wedstryde boikot totdat dit gebeur nie, sal die gemors in SA rugby nie ophou nie. Geld het SA rugby op sy kniee en net die weerhouding daarvan, sal bepaal wat die toekoms van rugby gaan wees. Een ding is seker en dit is dat die huidige bestuur geensins bevoeg is om rugby te red van ‘n gewaarborgde ondergang nie. Ek is noual ses jaar besig met my eie boikot en al het dit aanvanklik swaar gegaan, is ek vandag dankbaar dat ek nie meer my paar pennies op die huidige gemors, mors nie.

pbotha ·

Varsity reeks reeks..belaglik. Curry beker…skande. Solank laasgenoemde afgewater word gaan meer opkomende jong spelers oorsee speel en bokrugby verder verswak. Brei currybeker weer uit tot 16 spanne…grens…nwk…stellaland…heerlike tye. maak rugby weer relevant in die platteland…en stuur die geldbase in hulle maai in.

Callie ·

Eintlik is rugby nie meer kommentaar werd nie. Hoeveel toeskouers gaan die jaar opruk stadions toe om te kyk. Gewaarborg, paviljoene dolleeg met curriecup en dalk so derde vol met super rugby. Die einde is naby. Die wat nie oorsee gaan speel nie gaan nie meer speel nie

Callie ·

Goeie idee. Ons gaan nie meer rugby kyk nie. Maak n reel by sokker, elke tien minute mag n speler in die aanvallende span die bal optel, hardloop, die doelagter klop en die bal inskop. Dan het ons wat nie meer rugby kyk nie darem ook n ou ietsie om na te kyk.

Arie ·

Die hele sarfu moet uit sport verban word! Hulle en die anc het ons rugby verkrag

What a joke! ·

Ek boicot al lankal werbok rugby oor die kwota sisteem en politieke inmenging en waar dit die eens magtige Springbok tot op sy knee gedwing het en niemand wil verantwoordelikheid vat vir hul klein gemors Frankenstein wat hul geskep het nie!
As jy daarvan hou om vir n ride gevat te word soos hul se doen dan maar niks maar moet ok nie moan oor die huidigge swak spel van die werfbokke nie maar ek sal aanbeveel
dat alle vorige eens trotse Springbok ondersteuners wat betaal het vir liefde van die spel ,kwaliteit en passie, en wat bereid was om drie uur die oggend op te staan om sy eens passie en trotse Springbok span te ondersteun!! Hou jul geld nou terug asb,wees man genoeg en wys die klomp Venters en die Mark Alexanders wat reken jul het nie n se reg oor die powere kwalitieit van die werfbok rugby nie! As jul aanhou Dstv betaal en die stadiums besoek waar die powere werfbokke speel dan ondersteun jul die einste wat die eens trotse Springbok rugby so nou vertrap het met hul politieke doeleindes en gulsigheid en help betaal hul vet salaris elke maand, glo my hul smile terwyl ons grens!!! Dit is tyd vir n hengse boicot mense anders gaan niks verander nie!!! Saru en kie die hele dekselse arrogante vrot kanker lot selfs die politieke korrektes die wieses en die clueless willemses moet uitgevee word om die een trotse Springbok weer te laat opstaan!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.