Uiteenlopende spankeuses vir naweek se toetse

wallabies vs all blacksIn vandag se dae waar proefwedstryde nie meer gespeel word nie en toetsdebute aan al wat leef toegeken word onder die dekmantel van kombinasies op die proef stel of om spelers teen mekaar op te weeg, is Heyneke Meyer een van die afrigters wat vir die naweek op kontinuïteit staatmaak.

Die Springbokafrigter het benewens beserings sy beginspan in die toets teen die All Blacks onveranderd gelaat met die uitsondering van Jean de Villiers. Die Springbokkaptein is terug, lei die span en verbreek die venynige senterkombinasie van Damian de Allende en Jesse Kriel.

Die Argentyne, teen wie die Bokke Saterdag in Durban in die derde en laaste ronde van die Rugbykampioenskap speel, het daarenteen 11 nuwe gesigte in die beginspan.

♦ Die All Blacks het vir Saterdag se amperse eindstryd – Australië is een punt voor Nieu-Seeland op die punteleer – self `n hele rits veranderinge aangebring aan die span wat teen die Bokke deurgeskraap het. Die afrigter Steven Hansen het net twee agterlynspelers behou, en ook twee veranderinge aan die pak en nog twee op die bank aangebring.

Maar as die agterlynverstellings groot name soos Ben Smith, die opwindende nuweling Nehe Milner-Skudder, Sonny Bill Williams, Julian Savea en Daniel Carter insluit mag jy seker kies en verander soos jy wil.

Die Wallabies weer het net klein verstellings gemaak.

Die wedstryd in Sydney sal wéér wys hoeveel diepte die All Blacks werklik het teen `n span wat vir 60 minute deur die Bokke voos gespeel is en toe van `n SA slapte gebruik gemaak het om hulle te klop.

Dit kan nie anders nie: `n Mens moet jou geld maar op die swart span sit wat soveel vaardigheid saam met tonne ervaring het. Hulle behoort na Saterdag (wéér) die kroon te dra en boonop die eerste van hulle twee Bledisloebeker-kragmetings teen die Aussies te wen.

♦ In Cardiff draf Wallis Saterdag teen Ierland op met vier nuwelinge en nog twee op die bank. Dit is nóg `n wedstryd waar nuwelinge die kans kry om die addisionele plekke na die voorste 23 in die groep hulle s’n te maak. Elke span mag 31 spelers Wêreldbeker toe neem.

Die Ierse span wat die afrigter Joe Schmidt gekies het, het daarenteen geen toetsdebutante nie. Tog erken hy dat dit `n geleentheid is vir manne wat die afgelope jare min toetskanse gekry het om hand op te steek vir daardie gesogte ekstra plekke vir die groot toernooi.

Wallabies vs All Blacks, Sydney, Saterdag: Afskop 12:05

Australië: 15 Israel Folau, 14 Adam Ashley-Cooper, 13 Tevita Kuridrani, 12 Matt Giteau, 11 Drew Mitchell, 10 Bernard Foley, 9 Nick Phipps, 8 David Pocock, 7 Michael Hooper, 6 Scott Fardy, 5 James Horwill, 4 Dean Mumm, 3 Sekope Kepu, 2 Stephen Moore (kaptein), 1 Scott Sio. Bank: 16 Tatafu Polota-Nau, 17 James Slipper, 18 Greg Holmes, 19 Will Skelton, 20 Ben McCalman, 21 Nic White, 22 Matt Toomua, 23 Kurtley Beale.

Nieu-Seeland: 15 Ben Smith, 14 Nehe Milner-Skudder, 13 Conrad Smith, 12 Sonny Bill Williams, 11 Julian Savea, 10 Daniel Carter, 9 Aaron Smith, 8 Kieran Read, 7 Richie McCaw (kaptein), 6 Jerome Kaino, 5 Luke Romano, 4 Brodie Retallick, 3 Owen Franks, 2 Dane Coles, 1 Tony Woodcock.
Bank: 16 Codie Taylor, 17 Ben Franks, 18 Nepo Laulala, 19 Samuel Whitelock, 20 Sam Cane, 21 TJ Perenara, 22 Beauden Barrett, 23 Malakai Fekitoa.

Skeidsregter: Wayne Barnes (Engeland)

Wallis vs Ierland, Cardiff, Saterdag. Afskop: 14:30

Wallis: 15 Hallam Amos, 14 Alex Cuthbert, 13 Tyler Morgan, 12 Scott Williams (kaptein), 11 Eli Walker, 10 James Hook, 9 Mike Phillips, 8 Dan Baker, 7 Justin Tipuric, 6 Ross Moriarty, 5 Dominic Day, 4 Jake Ball, 3 Aaron Jarvis, 2 Richard Hibbard, 1 Nicky Smith. Bank: 16 Rob Evans, 17 Kristian Dacey, 18 Scott Andrews, 19 James King, 20 Taulupe Faletau, 21 Lloyd Williams, 22 Gareth Anscombe, 23 Matthew Morgan.

Ierland: 15 Felix Jones, 14 Andrew Trimble, 13 Keith Earls, 12 Darren Cave, 11 Fergus McFadden, 10 Paddy Jackson, 9 Eoin Reddan, 8 Jamie Heaslip (kaptein), 7 Tommy O’Donnell, 6 Jordi Murphy, 5 Donnacha Ryan, 4 Iain Henderson, 3 Mike Ross, 2 Richardt Strauss, 1 Jack McGrath. Bank: 16 Rory Best, 17 David Kilcoyne, 18 Michael Bent, 19 Dan Tuohy, 20 Chris Henry, 21 Kieran Marmion, 22 Ian Madigan, 23 Simon Zebo.

Skeidsregter: Glen Jackson (Nieu-Seeland)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.