Uiteindelik ʼn rugbykampioen – ná twee hofsake

Dis twee hofsake en byna ʼn maand later, maar 2017 se Oos-Kaapse Super 12-reeks het uiteindelik ʼn wenner.

In nog ʼn moordende (dié keer selfs drielose) wedstryd in ʼn uiters mededingende reeks, het Gardens van Uitenhage Vrydag op die dorp se Sentrale Sportveld sy titel behou deur Grens se kampioen, Oos-Londen Polisie, met 6-3 te klop.

Gardens is op sý beurt ook die Oostelike Provinsie se verdedigende kampioen.

In ʼn uitspeelwedstryd om die derde en vierde plekke het Spring Rose (New Brighton) vir Progress (Uitenhage) met 29-25 getroef.

Die Oos-Kaapse uitstalreeks, waarin die top-ses klubs elk van die OP en Grens meeding, is sedert die halfeindronde deur ʼn getwis ontsier, wat twee keer uitgeloop het op ʼn hofbevel wat eers die halfeindstryde en toe die eindstryd gestuit het.

Die oorgrensreeks word deur die Oos-Kaapse departement van sport, ontspanning, kuns en kultuur (DSOKK) geborg, en vind onder die beskerming van die provinsiale sportkommissie plaas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.